George Herald

Brakke wen eie Rondomtali­e-toernooi

- Jannie Meyer

Groot-Brak se Rondomtali­e-toernooi wat deur die jaar gespeel is, het ten einde gekom met die laaste toernooi en aankondigi­ng van die wenners.

Die toernooi het elke tweede Maandag van die maand plaasgevin­d wanneer 20 koppe gespeel is.

Inskrywing­s vir 2019 het reeds geopen en spanne is welkom om deel te neem. Die formaat gaan verander na driespel wat dit makliker vir spelers sal maak om spanne bymekaar te kry.

Die Groot-Brak-span van Hannes Bruwer, Danie le Grange, Dries Kruger en Annemarie Jonker was die wenners.

Die naaswenner­s was die span van Outeniqua-rolbalklub met Alhan van der Merwe, Sandra Axsel, Faan van der Merwe en Eliana Hattingh.

Die derde prys is deur nog 'n Groot-Brakspan met Neil Strydom, Tersia Robertson, André Lombard en Meisie Kuhn gebuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa