George Herald

Outeniqua-rolbal beste in streek

- Jannie Meyer

In 'n baie kompeteren­de toernooi het die topspelers van Eden-rolbal sake by die George-rolbalklub uitgespook in die jaarlikse Eden-meesterska­mpioenskap.

Die voorste spelers van oor die hele streek het vir die toernooi ingeskryf wat gesorg het dat rolbal van die hoogste standaard gespeel is.

Outeniqua-rolbalklub het die beste onder die klubs gevaar met twee goud, 'n silweren 'n bronsmedal­je.

Billy Radloff het mans goud gebuit met Judy Swart wat goud in die dames seniorkomp­etisie gewen het. Mime Nortje het silwer in die vrouetoern­ooi gebuit met Susan Meyer wat met die bronsmedal­je weggestap het.

Mans: 1 Billy Radloff, 2 Piet Robbertse, 3 Dirk Breedt.

Dames: 1 Alrene Bosse, 2 Mime Nortje, 3 Susan Meyer.

Senior mans: 1 Kobus Kriel, 2 Johan Snyman, 3 Hannes Bruwer.

Senior dames: 1 Judy Swart, 2 Wendy Murray, 3 Christel Barlow.

 ??  ?? Die spanlede van die Outeniqua-span wat die naaswenner­s was, is van links Alhan van der Merwe, Sandra Axsel, Faan van der Merwe en Eliana Hattingh.
Die spanlede van die Outeniqua-span wat die naaswenner­s was, is van links Alhan van der Merwe, Sandra Axsel, Faan van der Merwe en Eliana Hattingh.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa