George Herald

Eden-juniors beïndruk in tweekamp

-

Annabelle van der Merwe en Liam Human jaag mekaar.

Met die driekampse­isoen in volle gang is Eden-driekamp in hul noppies met die groot hoeveelhei­d junior atlete (11 jaar en jonger) wat by Hoërskool Outeniqua in George aan die eerste driekamp-oefenbyeen­koms van die seisoen deelgeneem het.

Dié byeenkoms is deur Franna Vorster aangebied.

Driekamp is internasio­naal 'n vinnig groeiende Olimpiese sport en is uitstekend vir kinders se motoriese ontwikkeli­ng en uithouverm­oë aangesien dit uit drie dissipline­s bestaan wat aaneenlope­nd plaasvind, naamlik swem, fietsry en hardloop.

Die sportterre­in by Hoërskool Outeniqua is ideaal uit 'n toeskouers­asook 'n veiligheid­soogpunt met ouers en ondersteun­ers wat die deelnemers op die volle roete kan dophou en ondersteun.

Die uitslae was as volg:

5 en jonger (25 m-swem, 500 m-fietsry, 200 m-hardloop):

Dogters: 1. Lea de Jager.

Seuns: 1. Ben Bond. 2. Eldo Strauss. 6-7 jaar (25 m-swem, 1 km-fietsry, 400 m-hardloop):

Dogters: 1. Sophia van der Merwe. 2. Maeva Cronje. 3. Danielle Bond.

Seuns: 1. Bastian Vorster. 2. Almero van Niekerk. 3. Cameron McEwan.

8-9 jaar (50 m-swem, 2 km-fietsry, 800 mhardloop):

Dogters: 1. Annaelle McEwan. 2. Simoné Liebenberg. 3. Emily King.

Seuns: 1. Liam Human. 2. Alec Cronjé. 3. Ruben Marais.

10-11 jaar (100 m-swem, 2.5 km-fietsry,

800 m-hardloop): Dogters: 1. Karli Lötter. 2. Tyla-Ray Glynn. Seuns: 1. Daniël van Zyl. 2. Luuk Pretorius. 3. Christo Kok.

Die volgende byeenkoms vir juniors (11 jaar en jonger) is op 15 Februarie 2019.

Meer besonderhe­de sal binnekort bekendgema­ak word. Belangstel­lendes kan vir Corné Hattingh van Eden Triathlon bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriath­lon@gmail.com.

Hou ook gerus Eden Triathlon se Facebook blad dop vir driekampge­beure.

 ?? Foto’s: Deidre Cloete ?? Die groep agt- en negejarige­s het by Hoërskool Outeniqua aan die eerste driekampoe­fenbyeenko­ms vir juniors (11 jaar en jonger) van die seisoen deelgeneem. Franna Vorster (agter) was in beheer van sake.
Foto’s: Deidre Cloete Die groep agt- en negejarige­s het by Hoërskool Outeniqua aan die eerste driekampoe­fenbyeenko­ms vir juniors (11 jaar en jonger) van die seisoen deelgeneem. Franna Vorster (agter) was in beheer van sake.
 ??  ?? Lea de Jager wys haar slag op haar fiets.
Lea de Jager wys haar slag op haar fiets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa