George Herald

Eden-driekamp se eerste byeenkoms lok baie

-

Eden-driekamp het pas die eerste van hierdie seisoen se reeks driekampoe­fenbyeenko­mste by die idilliese Fairy Knowe-hotel in Wilderness aangebied.

Atlete van 12 jaar en ouer van oor die Eden-streek het deelgeneem en daar was selfs 'n paar besoekende atlete uit Gauteng.

In die senior mans-afdeling se naelloop was dit behoorlik ‘n geskarrel na die eindstreep met Franna Vorster, Tim Toovey en die opkomende ster, Christian Hattingh, wat mekaar behoorlik die stryd aangesê het.

Uiteindeli­k was dit Vorster eerste die wenstreep oorgesteek het. Toovey was tweede en Hattingh, wat eintlik nog ‘n junior is, derde. Vorster se seun, Joshua, het die "super naelloop" gewen.

Die volledige uitslae was as volg:

Super sprint (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):

Mans:

1. Joshua Vorster. 2. Hanno Maritz jnr. 3. Le Roux Lindeque.

Vroue:

1. Linél Engelbrech­t. 2. Vicky Roos. 3. Nichola Schreuder.

Sprint (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 kmhardloop): Mans:

1. Franna Vorster. 2. Tim Toovey. 3. Christian Hattingh (1ste junior).

Vroue:

1. Tracy Dennis. 2. Julie van Lelyveld. 3. Tina van Wyk.

Gerhard Liebenberg, die voorsitter van Eden-driekamp, het ná afloop van die byeenkoms sy blydskap uitgespree­k oor die groot hoeveelhei­d atlete wat opgedaag het. Heelwat nuwelinge, veral op junior vlak, het vir die eerste keer deelgeneem.

Eden-driekamp poog daarna om dié sport in die streek te bevorder en nuwe deelnemers, wat dalk nog nie kans sien vir 'n volle driekamp nie, word aangemoedi­g om as spanne op 'n aflosbasis deel te neem.

Diegene wat nog nie oor 'n duikpak of padfiets beskik nie kan met gewone swemklere en padfietse deelneem.

Die volgende byeenkoms vir seniors (12 jaar en ouer) is op die 2 Desember en die derde byeenkoms sal op 12 Januarie 2019 plaasvind. Belangstel­lendes kan vir Corné Hattingh van Eden Triathlon bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriath­lon@gmail. com. Hou ook gerus Eden Triathlon se Facebook blad dop vir driekampge­beure.

 ??  ?? Rico Groenewald in aksie in Wilderness. Gerbrand van der Merwe gee die pas aan met Christené de Villiers kort op sy hakke.
Rico Groenewald in aksie in Wilderness. Gerbrand van der Merwe gee die pas aan met Christené de Villiers kort op sy hakke.
 ??  ?? Ruan Venter laat die speke sing.
Ruan Venter laat die speke sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa