George Herald

VREDESPRYS ontwyk Noble

- Michelle Pienaar

Die oë het gerek ook 'n skermutsel­ing tussen die George burgemeest­er en' n raadslid in die voorportaa­l van die eerste burger se kantoor.

DA-raadslid Cecil Noble en burgemeest­er Melvin Naik was Dinsdag 27 November net na 12:00 in 'n driftige woordewiss­eling betrokke op die tweede vloer van George-munisipali­teit.

Raadslid Mercia Draghoende­r en 'n werknemer in die burgemeest­er se kantoor Peter Jacobs, het tussenbeid­e getree om te keer dat die twee mekaar te lyf gaan. 'n Icosa-raadslid van die Garden Route-distriksra­ad, Theresa Fortuin, word by 'n vroeëre onderonsie met Noble betrek. Wetstoepas­sing s beampte sis ook ontbied. Die gebeure volg na 'n vergaderin­g wat 'n groep inwoners van New Dawn Park (NDP) in Pacaltsdor­p met die burgemeest­er belê het.

...en toe is dit aan in Japan

Noble het blykbaar in die doodsnikke van die vergaderin­g met nóg inwoners van NDP by Naik se kantoor aangekom. Noble is ook uitgenooi om die vergaderin­g by te woon, maar het glo aan die NDP-groep se leier, Daleen Valentine, gesê dat hy ander verpligtin­ge het. Hy was volgens inligting besig in sy wyk waar hy waterdigti­ngsplastie­k aan inwoners uitgedeel het weens die reën.

Volgens Valentine het die paar inwoners wat saam met Noble aangekom het, driftig met Naik begin praat. Fortuin, ook 'n inwoner van New Dawn Park, het haar by die groter groep geskaar wat 'n amptelike afspraak met Naik gehad het.

Fortuin het aan die George Herald gesê sy was daar in haar hoedanighe­id as 'n inwoner van New Dawn Park, en nie as raadslid nie. Sy het glo een van die inwoners herken wat later saam met die ander groep daar aangekom het, en vir die inwoner gesê dit is jammer hulle het nie die vergaderin­g met Naik bygewoon nie.

"En toe is dit aan in Japan!," vertel Fortuin. "Hy het sy vinger in my gesig gedruk en herhaaldel­ik gesê: 'Jy roep nie my naam nie!' Hy was wild en ek het bedreig gevoel. Ek is getraumati­seerd deur die voorval."

Noble en Naik het kort hierna in 'n woordewiss­eling betrokke geraak voor

‘n lid van die publiek, amptenare en wetstoepas­singsbeamp­tes. Omstanders het toe ingegryp en die situasie ontlont. Fortuin was toe reeds na die George-polisie om 'n klag te lê.

Volgens Valentine is hulle deur die onderburge­meester, Charlotte Clarke, aangeraai om die gebeure op skrif te sit en in te dien. Dit sal aan die Georgespea­ker voorgelê word. New Dawn Parkers het verlede week tydens 'n vergaderin­g met Naik gesê dat raadslid Noble hulle met hul probleme na Theresa Fortuin stuur.

Die George Herald het sedert verlede week nog nie terugvoer van Noble ontvang nie. Die kantoor van die burgemeest­er het met navraag bevestig dat Naik 'n ontmoeting gehad het met die groep NDP-inwoners wat verlede week voor Noble se huis betoog het: "Die ontmoeting is deur die inwoners versoek. Die burgemeest­er is nooit deur die verteenwoo­rdigers van NDP bedreig nie. Geen verdere kommentaar nie."

Lees vorige artikels aanlyn by www.

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Oproerige inwoners het verlede Donderdag voor hul wyksraadsl­id se huis betoog en geëis dat hy vervang word.
Foto’s: Michelle Pienaar Oproerige inwoners het verlede Donderdag voor hul wyksraadsl­id se huis betoog en geëis dat hy vervang word.
 ??  ?? Wyksraadsl­id (wyk 16), Cecil Noble
Wyksraadsl­id (wyk 16), Cecil Noble
 ??  ??
 ??  ?? Burgemeest­er Melvin Naik
Burgemeest­er Melvin Naik

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa