George Herald

Vrou in huis deur rower oorval

-

‘n Vrou van Pacaltsdor­p is vroeg Sondagogge­nd, 25 November, in haar huis in Missionstr­aat deur ‘n rower met ‘n mes in haar slaapkamer oorval. Volgens die polisie het die vrou wakker geskrik nadat sy ‘n venster hoor breek het. “Die rower het haar in die slaapkamer verras, van agter gewurg en geld geëis. Hy het haar na die kombuis geneem waar hy haar handsak gegryp en deur die gebreekte venster gevlug het,” het die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie gesê. Kontant, ‘n Hisense-selfoon en ander persoonlik­e items is gesteel. Die verdagte het te voet in die rigting van die amfiteater gevlug. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekb­eampte, ao. W van Schalkwyk te skakel by 044 803 9111 of 079 894 1589.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa