George Herald

Man ernstig beseer na aanval met panga

-

Die Pacaltsdor­p-polisie ondersoek ‘n saak van ernstige aanranding nadat ‘n man van New Dawnpark Sondagmidd­ag in Sierrissie­straat met ‘n panga aangeval is. Die slagoffer het ernstige kopbeserin­gs opgedoen en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Dit is in die stadium onbekend wat presies tot die aanval gelei het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Persone met inligting kan die Pacaltsdor­p-speurtak by 044 803 9111 skakel.

In 'n afsonderli­ke voorval is 'n man van Conville na bewering op 18 November deur sewe mans aangerand en met 'n panga agter sy kop geslaan. Volgens Convillepo­lisie se stasiebeve­lvoerder, kol. AB

Kriga, het die man bewussyn verloor en in die hospitaal wakker geword. 'n 17-jarige verdagte is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die verdagte het op 26 November in die George-landdrosho­f verskyn waar dit uitgestel is tot 6 Desember vir ‘n borgtogaan­soek. Hy is in aanhouding by Huis Outeniqua. Enigiemand met inligting rondom die voorval kan sers. Daniël Makonza by 044 803 3302 skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa