Ver­meen­de dief glo ag­ter voer­tuig ge­sleep

George Herald - - News -

Die Con­vil­le-po­li­sie on­der­soek sa­ke van po­ging tot moord en aan­ran­ding ná ‘n man (30) van Con­vil­le, wat van dief­stal be­skul­dig is, Son­dag­og­gend na be­we­ring ag­ter ‘n mo­tor ge­sleep is. Die slag­of­fer het glo ‘n bat­te­ry uit 'n voer­tuig ge­steel waar­na die ei­e­naar (33) van die voer­tuig hom met 'n ka­bel aan die ag­ter­kant van 'n bak­kie vas­ge­maak het. Die be­weer­de dief­stal het in S­wa­wel­straat plaas­ge­vind. Vol­gens Con­vil­le-po­li­sie se sta­sie­be­vel­voer­der, kol. AB K­ri­ga, is die man vir so­wat 600 m ag­ter die voer­tuig ge­sleep. Hy is ook met 'n pik­steel aan­ge­rand. Die slag­of­fer is met veel­vul­di­ge be­se­rings na die Ge­or­ge­hos­pi­taal ge­neem. 'n Saak van dief­stal van­uit 'n voer­tuig is teen hom aan­han­gig ge­maak. E­nig­ie­mand met in­lig­ting rond­om die voor­val kan sers. Da­nie Ma­kon­za by 044 803 3302 s­ka­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.