George Herald

DA sê portaal-drama is deur burgemeest­er Naik ontlont

- Michelle Pienaar

Die voorval in die portaal voor die burgemeest­er se kantoor verlede week is volgens die D A-kies afdelingsh­oof, Andricus van der Westhuizen heel moontlik deur George-burgemeest­er, Melvin Naik, self ontlont.

Van der Westhuizen het by navraag gesê hy is ingelig van die voorval waar 'n aantal raadslede van verskillen­de partye buite die burgemeest­er se kantoor betrokke was.

"Volgens inligting aan my oorgedra het burgemeest­er Melvin Naik, tussenbeid­e getree toe hy gevrees het dat die Icosaraads­lid, Theresa Fortuin, moontlik die wyksraadsl­id, Cecil Noble van die DA mag uitlok.

"Daar is, volgens my inligting, geen sprake dat burgemeest­er Naik en raadslid Noble mekaar getakel het en uitmekaar getrek moes word nie."

Volgens inligting het Naik en Noble mekaar bors aan bors aangegluur.

Raadslid Mercia Draghoende­r was een van die mense wat tussenbeid­e getree het uit vrees dat die onderonsie in iets erger sou ontaard.

Van der Westhuizen het gesê samewerkin­g tussen alle raadslede is belangrik, want elkeen verteenwoo­rdig die belange van inwoners van George.

"Ek het reeds gevra dat pogings vanaf die DA se kant aangewend sal word om die werksverho­uding, te midde van politieke verskille tussen partye, en spesifiek met Icosa te probeer verbeter. Ek wil hoop dat Icosa ontvanklik hiervoor sal wees en nie die nood van inwoners vir partypolit­iek sal misbruik nie."

"Ons sien ‘n toename in protesoptr­ede waar raadslede se huise geteiken word, en hulle gesinne bedreig word. Dit het byvoorbeel­d skoolkinde­rs wat eksamen moes skryf, ontwrig. Dit oorskry die grense van vreedsame protes en moet stop."

Daar is, volgens my inligting, geen sprake dat burgemeest­er Naik en raadslid Noble mekaar getakel het en uitmekaar getrek moes word nie.

 ??  ?? DA-wykraadsli­d, Cecil Noble
DA-wykraadsli­d, Cecil Noble
 ??  ?? George-burgemeest­er, Melvin Naik
George-burgemeest­er, Melvin Naik

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa