George Herald

Wyksraadsl­id het glo vinger gewys

- Michelle Pienaar

Die berig in George Herald verlede week oor die gebeure wat verlede Dinsdag in die portaal van die burgemeest­er se kantoor afgespeel het, kon lesers dalk verwar oor wie nou eintlik wat gedoen het.

'n Groep inwoners van die New Dawn Park het burgemeest­er Melvin Naik volgens afspraak in sy kantoor vir 'n vergaderin­g oor dienslewer­ing s griewe ontmoet.

'n Icosa-raadslid van die Garden Rou te-distrik s munisipali­teit, Theresa Fortuin was deel van die groep, omdat sy ook in die woongebied bly. Volgens Fortuin en ander lede van die groep, het die wyksraadsl­id van New Dawn Park, Cecil Noble, saam met nog 'n paar ander inwoners van die woonbuurt, ná die vergaderin­g verby is, by die voorportaa­l van die burge meesterska­ntoor opgedaag.

Fortuin het gesê die groep laatkommer­s was effe ontsteld en het in gesprek met Naik getree. Op daardie stadium het Fortuin gesê dit is jammer dat hulle nie die vergaderin­g bygewoon het nie, en het sy bygevoeg dat wyksraadsl­id Noble ook na die vergaderin­g genooi was.

Volgens Fortuin en ander ooggetuies het Noble toe sy vinger in Fortuin se gesig gedruk en haar gekonfront­eer. Die konfrontas­ie het later, toe Fortuin en die inwoners reeds die portaal verlaat het, uitgekring na 'n konfrontas­ie tussen Noble en Naik, wat in 'n heftige woordewiss­eling ontaard het. Die onderburge­meester, Charlotte Clarke, het inwoners aangeraai omhul dienslewer­ing s griewe opskrifte stel en in te dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa