George Herald

Rowers slaan toe in die middedorp

- Kristy Kolberg

Twee gewapende besigheid s rooftogte binne 'n dag van mekaar het inwoners van George bekommerd. Rowers het Vrydagogge­nd, 31 November, omstreeks 10:00 eerste by D o ves begrafniso­ndernemers toegeslaan. Volgens George-polisie se kommunikas­ie beampte, sers. Michael Opperman, het vier gewapende swart mans in blou oorpakke die perseel betree waarna hulle 'n werknemer en 'n kliënt met 'n vuurwapen gedreig en beroof het. Die verdagtes het te voet met 'n selfoon en kontant gevlug. In die tweede voorval Saterdagmi­ddag kort na 17:00 op die hoek van Cradock- en Hiberniast­raat, in die middedorp, is Fairy Knowe-drankwinke­l geteiken. Vier swart mans in blou oorpakke, waarvan drie klapmusse aangehad het, het hier toegeslaan. Voorlopige inligting dui daarop dat die verdagtes die drankwinke­l binnegegaa­n en werknemers met 'n vuurwapen gedreig het. Hulle het kontant gebuit en in 'n wit Opel, met registrasi­enommer CA 171 163, van die toneel gevlug.

Die polisie het teen druktyd nog nie bevestig of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie en dit is onduidelik of dit dieselfde groep rowers is wat die twee besighede beroof het.

Vier swart mans in blou oorpakke, waarvan drie klapmusse aangehad het, het hier toegeslaan.

Moenie 'n slagoffer van 'n besigheids­roof word nie:

Wissel die dae en tye waarop jy kontant inbetaal

Moet nooit jou bankbesoek­e aan enigiemand bekend maak nie

Moenie die geld wat jy deponeer openlik vertoon terwyl jy in die bank staan nie

Vermy dit om van geldsakke of 'n aktetas gebruik te maak

Moenie op die dag wat salarisse betaal word in die maatskappy se gemerkte voertuig ry nie.

Na bladsy 4

 ??  ?? Die toneel Saterdagmi­ddag in die middedorp kort na die Fairy Knowe-drankwinke­l beroof is. Foto: Wessel van Heerden
Die toneel Saterdagmi­ddag in die middedorp kort na die Fairy Knowe-drankwinke­l beroof is. Foto: Wessel van Heerden

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa