George Herald

Plaaslike besighede vir dae sonder Telkom-foonlyne

-

Alida de Beer

Verskeie Telkom-foonlyne in die middedorp was van verlede Vrydag af buite werking weens 'n beskadigde kabel.

Volgens die voorsitter van die Georgesake­kamer, dr. Dennis Farrell, was hulle lyne gister steeds af. Hy het gesê Telkom kon na bewering nie herstelwer­k doen nie omdat hulle gewag het vir toestemmin­g van die George-munisipali­teit om toegang te verkry tot mangate wat toegeteer is.

"Dit lyk asof dit 'n uitgerekte proses is vir die munisipali­teit om toestemmin­g te gee vir die oopmaak. Ek wil graag weet hoe die munisipali­teit die inspeksie gedoen het toe die pad geteer is en kon toelaat dat dit gebeur? Ek aanvaar die kontrakteu­r is betaal vir die werk. Wie gaan die ondernemin­gs wat hierdeur geraak is en besigheid verloor het, vergoed? Gaan die munisipali­teit steeds volle belasting en dienste vra, want dit is grootliks deur hulle dat die herstelwer­k vertraag word? Die besighede het nie hierdie tipe teëspoed nodig terwyl hulle deur beurtkrag ook gekortwiek word nie."

Telkom se kommunikas­ieafdeling het nie voor druktyd op navrae gereageer nie. Farrell het die munisipali­teit gister gekontak deur die plaaslike ekonomiese ontwikkeli­ngsafdelin­g wat sy klagte na die ingenieurs­departemen­t verwys het. Teen druktyd was daar nie enige verdere terugvoer nie. George Herald het 'n navraag aan die munisipale kommunikas­ieafdeling gestuur, maar dit was te laat om inligting te verkry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? This coloured male is wanted for robbery. He is between 30 and 35 years old, approximat­ely 1,7m tall and has a slender build. Anyone with informatio­n about this suspect is asked to contact Warrant Officer Jerome Malan on 044 803 4715.
This coloured male is wanted for robbery. He is between 30 and 35 years old, approximat­ely 1,7m tall and has a slender build. Anyone with informatio­n about this suspect is asked to contact Warrant Officer Jerome Malan on 044 803 4715.
 ??  ?? This coloured male is wanted in connection with a business robbery. He is between 30 and 35 years old, has a dark complectio­n and is approximat­ely 1,8m tall with a slender build. Anyone with informatio­n about this suspect is asked to contact Warrant Officer Jerome Malan on 044 8034715.
This coloured male is wanted in connection with a business robbery. He is between 30 and 35 years old, has a dark complectio­n and is approximat­ely 1,8m tall with a slender build. Anyone with informatio­n about this suspect is asked to contact Warrant Officer Jerome Malan on 044 8034715.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa