George Herald

Nie ‘n krisis, maar rede om besorg te wees

- Eugene Gunning

Dit is nie 'n krisis nie, maar daar is rede om besorg te wees. Dit was die boodskap van 'n vergaderin­g van belanghebb­endes in die Tuinroete wat die onlangse uitbreek van die Ebola-virus in Midde-Afrika bespreek het.

Verskeie mense in die Demokratie­se Republiek van die Kongo (DRK) het die afgelope tyd gesterf. Dit is nog nie op dieselfde omvang as in 2014-2016 toe meer as 11 000 mense dood is nie.

Met die vakansiety­d op hande reis mense meer as gewoonlik. Daar is kommer dat die virus kan versprei.

Tydens die vergaderin­g, wat onder die vaandel van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit gehou is, is koppe bymekaar gesit oor hoe 'n situasie hanteer moet word as mense in Suid-Afrika met die virus besmet word.

Daar is benadruk dat tot op hede en sover bekend, niemand die afgelope tyd positief vir die virus getoets is nie.

Kommer is tydens die vergaderin­g uitgespree­k dat die nasionale departemen­t van gesondheid nie proaktief genoeg optree nie.

Clive Africa, uitvoerend­e bestuurder: gemeenskap­sdienste van die distriksmu­nisipalite­it, het gesê die doel van die vergaderin­g is nie om alarmistie­s te wees nie. Voorts nie om die indruk te skep dat 'n krisis op hande is nie. Hy het bygevoeg: "Daar is rede tot besorgdhei­d en die plan is om proaktief op te tree."

Daar is 'n groot risiko en die virus gaan nie wag tot mense terugkom van vakansie af nie. Die DRK is sowat vier ure per vliegtuig van George. Die feestyd is op hande en mense gaan oor en weer vir hul families in die lande kuier. Daar is baie Kongolese in Suid-Afrika. Daar is aanduiding­s dat die virus versprei het na Uganda.

Manie Abrahams van die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid, het gesê op die oomblik is daar geen nasionale beheersent­rum in bedryf om die situasie te monitor nie. Op nasionale vlak word dit nie gesien as nasionale krisis nie. Mense wat die land binnekom van die geraakte gebiede word "subtiel" ondersoek. Hy is vol vertroue dat as iemand positief gediagnose­er word, sal die land dit kan hanteer.

Volgens sy kollega dr. Terence Marshall is dinge in plek om 'n situasie te kan hanteer as iemand positief getoets word. Daar moet gekyk word wat is elke staatsdepa­rtement se rol in so 'n situasie.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Belanghebb­endes in die Tuinroete het Dinsdag koppe bymekaarge­sit oor hoe om ‘n situasie te hanteer as inwoners met die Ebola-virus besmet sou word. Die vergaderin­g het onder die vaandel van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it plaasgevin­d.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Belanghebb­endes in die Tuinroete het Dinsdag koppe bymekaarge­sit oor hoe om ‘n situasie te hanteer as inwoners met die Ebola-virus besmet sou word. Die vergaderin­g het onder die vaandel van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it plaasgevin­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa