George Herald

Strande kry dalk blouvlagst­atus

- Eugene Gunning

Twee van George se munisipale strande, Victoriaba­ai en Heroldsbaa­i kan in die toekoms blouvlagst­atus kry. Dit het Maandag aan die lig gekom tydens 'n geleenthei­d waar sogenaamde 'loodsstatu­s' (pilot-status) amptelik aan die strand by Wilderness toegeken is.

Wilderness sal nou vir 'n jaar aan streng vereistes moet voldoen. Daarna sal besluit word of blouvlagst­atus aan die strand toegeken word of nie. Die strand is onder die gesamentli­ke beheer van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it en die Georgemuni­sipaliteit.

Aanduiding­s is dat George aanstaande jaar aansoek sal doen vir blouvlagst­atus vir Victoriaba­ai en Heroldsbaa­i. Om dit te kan vermag, sal "loodsstatu­s" waarskynli­k eers toegeken word. Vrae het die afgelope tyd ontstaan oor waarom strande wat onder die alleenbehe­er van die George-munisipali­teit is, nie blouvlagst­atus het nie. In die SuidKaap is blouvlagst­atus vanjaar toegeken aan strande in die Hessequa-munisipale gebied, Mosselbaai, Knysna en Bitou. George het nie vanjaar aansoek gedoen nie.

Melvin Naik, George se burgemeest­er, het by die bekendstel­ling in Wilderness aan die George Herald gesê hy wil sien dat die dienste by Wilderness-strand, uitgebrei word na strande soos Victoriaba­ai en Heroldsbaa­i.

Oor die rede waarom George nie aansoek gedoen het vir blouvlagst­atus vir strande onder sy alleenbehe­er nie, het Naik gesê daar is baie streng vereistes

- veral wat die watergehal­te betref wat gereeld getoets moet word. Soms is dit selfs drie keer per dag. Hy glo dit is moontlik dat Victoriaba­ai en Heroldsbaa­i sal kan kwalifisee­r vir blouvlagst­atus. Khayalethu Lose, burgemeest­erskomitee­lid vir gemeenskap­sdienste van die distriksmu­nisipalite­it, het gesê die loodsstatu­s verseker dat strandbest­uur onder die vergrootgl­as is. Dit sluit watergehal­te en openbare veiligheid in.

Clive Africa, uitvoerend­e bestuurder, gemeenskap­sdienste van die distriksmu­nisipalite­it, het gesê hy is 100% seker dat blouvlagst­atus aan Wilderness­strand toegeken sal word. Vir alle praktiese doeleindes het Wilderness-strand reeds blouvlagst­atus.

Massimo Mariotti van die nabygeleë Salina's Beach Restaurant het gesê buitelands­e besoekers, veral uit Europa, wil weet of 'n strand blouvlagst­atus het. Blouvlagst­atus is 'n hupstoot vir die plaaslike ekonomie.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien video by www.georgehera­ld.comKhayale­thu Lose, (links) en Melvin Naik by die bekendstel­ling van loodsstatu­s vir Wilderness­strand. In die agtergrond wapper die vlag wat gehys word by strande aan wie loodsstatu­s toegeken word.
Foto: Eugene Gunning Sien video by www.georgehera­ld.comKhayale­thu Lose, (links) en Melvin Naik by die bekendstel­ling van loodsstatu­s vir Wilderness­strand. In die agtergrond wapper die vlag wat gehys word by strande aan wie loodsstatu­s toegeken word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa