George Herald

Volrond en vroulik vir ’n liefdessaa­k

- Michelle Pienaar

Kleurvolle tabberds en 13 volronde vroue het vanjaar oë laat rek by die Mej. Volrondkom­petisie vir liefdadigh­eid. Die kompetisie, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied is, het verlede Saterdagaa­nd gesorg vir groot vermaak by Parkdene Sekondêr.

Die vroue het hul slag gewys in verskeie afdelings, waaronder sporten aanddrag. ‘n Paar bekendes was tussen die finaliste te siene, soos die George-raadslid Mercia Draghoende­r en twee amptenare van Garden Route-distriksmu­nisipalite­it, Raylene Meyer, ‘n administra­tiewe beampte van toerisme, en Nontobeko Klaas, die bestuurder van menslike hulpbronne.

Die ster van die aand was Priscilla Foster, wat gekroon is met die titel Mej. Volrond George. Die eerste prinses is Luwayda Tarentaal en Raylene Meyer is die tweede prinses. Die kompetisie word ook in Oudtshoorn, Knysna, Sedgefield, Mosselbaai en Groot-Brakrivier gehou. Die wenners van elke kompetisie sal volgende jaar aan die Mej. Volrond Garden Route deelneem.

Die funksie dien as ‘n fondsinsam­eling vir die Preston Adams-trust wat gestig is met die doel om gesinne by te staan wat gebuk gaan onder die uitdagings wanneer kanker by ‘n kind in die gesin gediagnose­er is.

Volgens Bredon Adams, die stigter van die trust, is die Mej. Volrondkom­petisie ‘n inisiatief van die gemeenskap. “Elke bietjie help, dit gaan hier oor die bewusmakin­g van kinderkank­er in die gemeenskap en die lot van ouers wat hierdie trauma moet deurgaan,” het hy gesê.

‘n Bedrag van R3 500 is ingesamel vir die trust. Adams bedank die borg van die aand, Kevin Williams Donalda Bantom en Kevin Williams van Nuwe Dinge, die borg van die funksie.

van Nuwe Dinge, ‘n modewinkel in Mosselbaai, asook die organiseer­der, Irene Innis, die deelnemers en almal wat gehelp het om die aand ‘n sukses te maak.

Diegene wat graag bydraes wil lewer vir geskenkpak­kies wat Sondag na die Rooikruis-kinderhosp­itaal geneem word, kan Irene kontak by 062 194 2788.

 ?? Foto: Booysen Media ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comPriscil­la Foster is gekroon met die titel Mej. Volrond George (middel). Die eerste prinses is Luwayda Tarentaal (links), en Raylene Meyer is die tweede prinses.
Foto: Booysen Media Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comPriscil­la Foster is gekroon met die titel Mej. Volrond George (middel). Die eerste prinses is Luwayda Tarentaal (links), en Raylene Meyer is die tweede prinses.
 ??  ?? Irwin Scheepers, Heidedal Primêr se skoolhoof voel die tyd is reg om ‘n saal vir die skool aan te pak.
Irwin Scheepers, Heidedal Primêr se skoolhoof voel die tyd is reg om ‘n saal vir die skool aan te pak.
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Raadslid Mercia Draghoende­r in ‘n geel tabberd.
Foto: Michelle Pienaar Raadslid Mercia Draghoende­r in ‘n geel tabberd.
 ??  ??
 ?? Foto: Michelle Pienaar ??
Foto: Michelle Pienaar
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa