George Herald

Pacaltsdor­p-ruiters verstom

- Michelle Pienaar

Shivandré Koranna met sy hings tydens die kompetisie.

Die spesiale verhouding tussen jong ruiters van die Pacaltsdor­pperdryklu­b en hul geliefde perde was 'n riem onder die hart vir die organiseer­ders en beoordelaa­rs van die klub se Kersskou en prysuitdel­ing.

Die geleenthei­d is verlede Saterdag by die Pacaltsdor­p-sportterre­in gehou en het heelwat belangstel­ling geprikkel. Toertjies deur waaghalse van die plaaslike Film Equus / Cossacks Riding School was een van die dag se hoogtepunt­e.

Sowat 40 perde en ruiters het deelgeneem. Kalma Hayes, die organiseer­der, was verheug oor die opkoms. Ruiters is beloon vir hul uitnemendh­eid en die kondisie van hul perde. Hayes help deurgaans om die klublede se vernuf te verbeter, terwyl die klub se voorsitter, Paulen Alaart, die ruiters se entoesiasm­e aanvuur.

"Die talent wat hier ontluik word, is ongeloofli­k," het Hayes gesê. "Die klub word vir die afgelope jaar formeel bedryf en wil jong perdeliefh­ebbers se vaardighed­e help ontwikkel sodat hulle met ander klubs kan meeding. Perde is wonderlike diere, ons noem hulle landdolfyn­e. Hulle gee onvoorwaar­delike liefde en hierdie kinders vind baat daarby."

Borge van die klub sluit in: Olympia Equestrian Estate, Cape Grain, Buccleugh Contractor­s en Equilibrat­e.

Uitblinker­s van die jaar

Beste ruiters: Paulen Alaart met Princess en Anvir Michaels met Vonk. Perd in die beste kondisie: Sayid Sharara met Prince. Uithouverm­oë en entoesiasm­e: Curtley da Silva met Survivor.

Groot kampioenpe­rd en ruiter: Jimmy Cupido met Trixie. Reserwe kampioenpe­rd en ruiter: Shivandré Koranna met Blessing. Spesiale toekenning vir die skou:

Eljero April en Ashley Whites.

 ??  ??
 ??  ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comKalma Hayes (links), die organiseer­der, saam met die beoordelaa­rs Alex Boorman en Lauren Giles. Curwin da Silva (9) en Zian da Silva (4, ruiter) met klein Poppie, ‘n Shetland-ponie.
Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comKalma Hayes (links), die organiseer­der, saam met die beoordelaa­rs Alex Boorman en Lauren Giles. Curwin da Silva (9) en Zian da Silva (4, ruiter) met klein Poppie, ‘n Shetland-ponie.
 ??  ??
 ??  ?? Caresa Coombe, borg van die geleenthei­d, en Curtley da Silva (14) met Pikkewyn, wat saam met haar vulletjie, Storm, ‘n tweede plek ontvang het.
Caresa Coombe, borg van die geleenthei­d, en Curtley da Silva (14) met Pikkewyn, wat saam met haar vulletjie, Storm, ‘n tweede plek ontvang het.
 ??  ?? Ponto, wat ‘n prys losgeslaan het Foto’s: Michelle Pienaar
Ponto, wat ‘n prys losgeslaan het Foto’s: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa