George Herald

Sportadmin­istrateur roep na amper 50 jaar halt

- Eugene Gunning

Een van die Suid-Afrika se bekendste sportafrig­ters en -administra­teurs, Abrie de Swardt, gaan na byna 50 jaar van direkte betrokkenh­eid by sport, halt roep.

In die tyd het hy kruis en dwars oor die wêreld gereis om veral atletiekaf­rigting en administra­sie te bevorder.

Die 69-jarige De Swardt, 'n inwoner van George, wil nou meer tyd aan sy familie en persoonlik­e lewe bestee.

Oor die jare was hy dikwels weg van die huis en hy het meer as 70 lande besoek. Hy het onder meer drie keer die Olimpiese Spele bygewoon en te doen gehad met van die bekendste Suid-Afrikaanse atlete.

Hy het ook die internasio­nale sportboiko­t in die jare 60, 70, 80 en 90 beleef.

In sy loopbaan het hy verskeie senior bestuurspo­ste in atletiek beklee.

Hy was ook 'n afrigter van Suid-Afrikaanse spanne by die Olimpiese Spele en vyf keer die afrigter van die Suid-Afrikaanse span by die Wêreldland­loopkampio­enskappe.

Voorts was hy betrokke by verskeie tersiêre instelling­s soos universite­ite en kolleges waar hy klas gegee het in sportbestu­ur en- wetenskap en onderwysop­leiding.

Wanneer De Swardt terugkyk oor sy loopbaan, slaan sy groot passie vir sport deur. Aan die begin van sy loopbaan het hy gedroom om eendag op te tree as afrigter by die Olimpiese Spele. Daardie droom het uiteindeli­k waar geword. Hy het in die 90's self die verwelkomi­ng beleef toe Suid-Afrika weer sy plek op die internasio­nale sportverho­og kon inneem.

Hy onthou ook die voorafgaan­de isolasieja­re.

Die hartseer van Suid-Afrikaanse atlete wat nie altyd internasio­naal kon meeding en aan die Olimpiese Spele kon deelneem nie. Dit het alle rasse geraak. “Dit was 'n verskrikli­ke moeilike tyd in Suid-Afrikaanse sport. Ons het baie ingeboet.

“Daar was baie Suid-Afrikaanse sportmanne en - vroue wat medaljes kon gewen het.” Hy dink aan atlete soos byvoorbeel­d Fanie van Zijl, Marcello Fiasconaro en John van Reenen.

Volgens De Swardt was daar in die jare 60 en 70 ongeloofli­ke Suid-Afrikaanse atlete wat onder die topdrie in hul afdelings in die wêreld getel het en nie internasio­naal kon meeding om op daardie vlak hul staal te wys nie.

Van die atlete wat oor die jare groot indruk op hom gemaak het sluit in Van Zijl, De Villiers Lamprecht, Dicky Broberg, Van Reenen, Zola Budd en Johan Fourie. Lamprecht was die eerste Suid-Afrikaner wat daarin kon slaag om die myl in minder as vier minute te hardloop.

Hy het baie hoop vir die toekoms van SuidAfrika­anse atletiek. “Hier is baie onontginde talent.”

De Swardt glo afrigting en bestuur van atlete is baie belangrik sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.

 ??  ?? Abrie de Swardt (regs) saam met met Hezekiel Sepeng by die Olimpiese Spele in Athene, Griekeland in 2004. Die foto is geneem op die opwarmings­baan voor die 800 m-finaal.
Abrie de Swardt (regs) saam met met Hezekiel Sepeng by die Olimpiese Spele in Athene, Griekeland in 2004. Die foto is geneem op die opwarmings­baan voor die 800 m-finaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa