George Herald

Ierse boere kom kuier in die Suid-Kaap

- Eugene Gunning

Wortels, pampoene, blomkool en selfs rugby was op die ‘gesels-spyskaart’ toe Ierse boere en landboulei­ers die Suid-Kaap besoek het. Die groep van 42 het kom kyk wat hulle van Suid-Afrikaanse landbou kan leer.

Dit kon nie anders dat daar ook rugby gesels is, want een van die plase wat hulle besoek het, was naby George waar Jannie Stander boer. Stander is die pa van CJ Stander wat deesdae een van Ierland se toprugbysp­elers is. Tydens die besoek was dit gou duidelik dat CJ groot aanhang in Ierland het. 'n Soortgelyk­e groep Ierse boere en landboulei­ers het in die verlede ook die Suid-Kaap besoek.

Pierre Maassen, Suid-Afrikaanse toergids, wat saam met die jongste groep gereis het, het gesê die meerderhei­d is melkboere. Hulle is hier om te kyk wat hulle kan leer, veral op melkplase.

Kort na die aankoms van die groep op Stander se plaas, is hulle 'n oorsig gegee van hoe groente in die gebied verbou word en aan wie dit verkoop word.

Volgens Jannie kan hy nie Ierland so gereeld besoek om te kyk hoe CJ daar rugby speel nie, want die boerdery hou hom besig.

Hy het toe verduideli­k hoe funksionee­r landbou in Suid-Afrika en daarop gewys dat een van die duurste produksief­aktore lone is. Dan is daar oor faktore soos die koste van chemiese stowwe, diesel en elektrisit­eit.

In vraetyd wou die Iere onder meer weet oor lone vir plaaswerke­rs en waar hulle woon.

Hierna is die groep op die plaas rondgewys en hulle het eerstehand­s gesien hoe groentepla­ntjies geplant word.

Die besoek is afgesluit met Suid-Afrikaanse braaivleis en binne die plaashuis het die besoekers hulle verwonder aan rugbyfoto's en aandenking­s van CJ toe hy nog in SuidAfrika rugby gespeel het.

Jack Murphy, woordvoerd­er van die groep, het aan die George Herald gesê daar is baie melkplase in Ierland. "Ons kan leer by Suid-Afrikaanse boere. Ons is beïndruk met julle mooi land en die skaal van groenteboe­rdery."

Die plase in Suid-Afrika is baie groter as in Ierland.

Jannie het gesê die Iere kan leer by SuidAfrika­anse landbou. By hulle is dinge baie meganies, terwyl hier met die hand geplant en geoes word.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Jannie Stander wys aan die Ierse landboulei­ers en boere van die plantjies wat geplant word. Jack Murphy (links) woordvoerd­er van die groep Ierse landboulei­ers en boere saam met Jannie Stander.
Foto’s: Eugene Gunning Jannie Stander wys aan die Ierse landboulei­ers en boere van die plantjies wat geplant word. Jack Murphy (links) woordvoerd­er van die groep Ierse landboulei­ers en boere saam met Jannie Stander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa