George Herald

Dis die lewensgeha­lte

- Joh Groenewald

Eintlik is dit die leefervari­ng wat George se eiesoortig­e karakter kroon, want George se mense is goedgeaard en spontaan welwillend.

Dit beteken dat ‘n goeie en aangename gees heers, ‘n aansteekli­ke gees van goeie gesindhede.

Die gemoedelik­heid van Georgiete beteken dat mense mekaar groet die volgende een in die ry of in die winkel, of die verbygange­r op straat, of die toonbankas­sistent of kassier of pompjoggie.

Dan word maklik geskerts, oor die weer of iets wat gebeur, en so dikwels word totsiens gesê met ‘n goeie wens vir die dag - ‘n mens hoor meermale “geseënde dag!”.

Bedagsaamh­eid wat Gautengers verbaas, sien ‘n mens dikwels by verkeersir­kels. Verkeer van regs het voorkeur, dit is die vaste reël, so die voertuig van regs kom verby - en dan aarsel die tweede voertuig van regs, en wink vir die wagtende een om voort te gaan.

Behulpsaam­heid is ‘n kenmerk van winkelpers­oneel in die stadskern. Jammer meneer, ons het nie dit nie, maar gaan na die tweede winkel om die hoek en vra vir Dennis, of gaan na so-en-so…

Geen wonder nie dat George so veel liefdadigh­ede het wat die hand uitreik na mense in nood - haweloses en hongeres, gestremdes en diegene met eiesoortig­e probleme. Ja, daar is selfs ‘n steungroep­ie vir kindertjie­s wat van kanker herstel.

‘n Oorwegende gevoel van mense is dat George veilig is. Woonwyke is veilig vir tannies wat soggens om sesuur die troetelwoe­fie vir ‘n stappie neem, veilig vir solo-stappers en drawwers en fietsers.

Uitstekend­e gebruiksvr­iendelike biblioteke het lang diensure om almal te pas en dra by tot die gees van wellewendh­eid. So ook die ruim keuses van toneelopvo­erings en musiekkons­erte.

Mense met stokperdji­es kan hulle uitleef, daar is ‘n vereniging of klub of groepie vir haas elke denkbare tydverdryf. Sorgsame versamelaa­rs werk elke Woensdag met die modeltrein­tjies in die vervoermus­eum. Die koerant het ‘n hele bladsy met kontakinli­gting vir belangegro­epe en doendinge.

Eweso vir sport, hetsy sommer vir die lekker of mededingen­d. Een en vyftig sportsoort­e is by die Edensportr­aad gelys.

Die billike prys van kos is ‘n sigbare deel van die positiewe leefervari­ng in George. Wegneemvis kos selfs minder as die helfte van pryse in binnelands­e stede, en goeie maaltye kan vir so min as R40 genuttig word. ‘n Stewige selfhelpmi­ddagmaal vir pensioenar­isse kan kwalik R70 wees.

Dit is mense en die omgewing wat hulle skep, wat in George gestalte aan die lewensgeha­lte gee - die lewensgeha­lte wat George so ‘n gawe blyplek maak.

Hierdie is die laaste van drie artikels wat Joh Groenewald oor George geskryf het. Al drie artikels is aanlyn by www.georgehera­ld.com beskikbaar deur Joh Groenewald in die soeksleute­l te tik.

 ??  ??
 ?? Foto: Wessel van Heerden ?? In George kan mense met ‘n verskeiden­heid belangstel­lings hulle ten volle uitleef. Joh Groenewald, skrywer van die drie-delige reeks oor George en entoesiast­iese filatelis, bestudeer Ludwig (links) en Otto Müller se seëlversam­eling. Hulle ma, plaaslike apteker Ami Müller, staan by. Photo: Myron Rabinowitz
Foto: Wessel van Heerden In George kan mense met ‘n verskeiden­heid belangstel­lings hulle ten volle uitleef. Joh Groenewald, skrywer van die drie-delige reeks oor George en entoesiast­iese filatelis, bestudeer Ludwig (links) en Otto Müller se seëlversam­eling. Hulle ma, plaaslike apteker Ami Müller, staan by. Photo: Myron Rabinowitz
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa