George Herald

Gogga nie met vakansie nie

- Eugene Gunning

Kantoordeu­r toetrek en luilekker langs die see ontspan, is binnekort baie se voorland, maar nie vir Gideon (Gogga) de Swart van Gogga Bicycle Courier nie. Hy gaan nie met vakansie nie en sal steeds een van sy fietse se speke laat sing.

Gideon het verlede week by die George Herald kom inloer. Hy is slaggereed om met sy dienste in die vakansiety­d voort te gaan. Soos altyd, is hy enige tyd beskikbaar om enige plek in George aflewering­s te maak.

Hy is al ‘n bekende gesig op George se paaie en padgebruik­ers groet hom graag as hy een van sy fietse se pedale trap.

Gebore met swak sig, is hy nie iemand wat iets in sy pad laat staan nie. Hy het sy eie ondernemin­g, ‘n koerierdie­ns, meer as vier jaar gelede begin. Aanvanklik het hy met ‘n resiesfiet­s begin en sedertdien het dit uitgebrei. Vandag besit hy twee bergfietse en drie waentjies wat hy agter die fietse aansleep. Daarin karwei hy byvoorbeel­d pakkies vir kliënte.

Gideon verskaf ook dienste soos byvoorbeel­d die uitneem van lisensies vir voertuigei­enaars. Dié diens is sommer in groot aanvraag.

Hy het ook ‘n spesiale sak waarin hy bestelling­s aflewer wat mense geplaas het by George Herald. kitskosres­taurante.

Hy ry die hele dorp vol en minstens een keer per week gaan hy na die Garden Route Mall.

Mense wat van sy dienste gebruik wil maak kan hom bel by 082 795 5283.

Remember the SPCA’s bingo evening at the George Bowling Club tomorrow, Friday 7 December, at 19:00 for 19:30. Bingo booklets, which offer three chances of winning in each of six games, are only R50. Delicious homemade mac & cheese and salad will be for sale at just R50. For more info please contact Heather on 072 877 2911 or Wendy on 082 351 4669.

 ??  ??
 ??  ?? Gogga is reg om te help tydens die vakansiety­d. Gideon (Gogga) de Swardt tydens sy besoek verlede week aan die
Gogga is reg om te help tydens die vakansiety­d. Gideon (Gogga) de Swardt tydens sy besoek verlede week aan die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa