George Herald

Geniet fenomenale aande by Bush Lapa

-

Die Bush Lapa-verhoog by die Herold’s Bay Resort word van 14 tot 31 Desember weer aan die brand gesing deur van die land se beste Afrikaanse kunstenaar­s.

Maak seker jy koop jou kaartjies betyds om deel te wees van ‘n fenomenale program met Radio Raps (14 Desember), Prime Circle (19 Desember), Bok van Blerk (21 Desember), Matthew Mole (26 Desember), Bobby van Jaarsveld en Arno Jordaan (27 Desember), Jay en Karlien van Jaarsveld (29 Desember), en Jakkie Louw en Pieter Smit by die Oujaarsaan­dpartytjie op 31 Desember.

“Vertonings in die Bush Lapa is nie net ‘n konsertaan­d waar jy op ‘n wit plastiekst­oel sit en luister en dan huis toe gaan nie. Dis ‘n gesellige ervaring vir die hele familie.

Daar is ‘n intieme atmosfeer met die gehoor naby aan die kunstenaar­s. Almal kuier om tafels terwyl ‘n groot vuur in die agtergrond knetter en heerlike kos onder sjef Noddy se wakende oog opgedis word,” sê

KD Fourie, skepper van dié jaarlikse musiekfees.

Die musiekfees het oor die afgelope 11 jaar van krag tot krag gegaan en die Bush Lapa is vandag een van die vyf voorkeurve­nues van die land se topkunsten­aars. “Die Musiekfees het die live music kultuur in die streek gevestig en vir George op die kaart gesit. Voor dit was daar minimale geleenthed­e.

Die kunstenaar­s wou om verskeie redes nie George toe kom nie, maar die lapa het weer die deur oopgemaak en gesorg dat George deel raak van hul landwye toere. Om twee ouens soos Jakkie Louw en Pieter Smit op een aand saam op die verhoog te hê, is groot.” Die deure maak om 18:00 oop en daar is voorverton­ings. Ná die konsert kuier mense nog lank gesellig saam.

Daar is oorgenoeg veilige parkering met sekuriteit­sbeamptes wat elke aand aan diens is.

Down to Earth daagliks oop

Besoekers kan hierdie Desember ook die landelike atmosfeer van die Down to Earthresta­urant ten volle geniet. Die restaurant is van 17 Desember af daagliks oop vir ontbyt-, middag- en aandete. Tussen 12:00 en 15:00 gaan lewendige musiek tot die atmosfeer bydra. Dit sal heerlik bedrywig wees hier met kinderverm­aak soos kuns en handwerk, klouterram­e en springkast­ele, asook wyn- en jenewerpro­eë. Die restaurant se dek bied wye uitsigte oor die oseaan en woud met Mosselbaai se baai in die agtergrond vanwaar liggies in die aande flonker.

Kaartjies vir konsertree­ks

Kaartjies is maklik bekombaar deur www. webtickets.co.za, by die Herold’s Bay Resort se ontvangs self, by enige Pick n Pay-tak in Hartenbos, Mosselbaai en George met ‘n Money Market-toonbank, en by die Bush Lapa se kaartjies-kiosk by die Eden Meander Lifestyle Centre. Kontak Herold’s Bay Resort by 044 851 0113 of stuur jou navrae aan admin@heroldsbay­resort.co.za.

 ??  ?? Karlien van Jaarsveld is op 29 Desember by die Bush Lapa.
Karlien van Jaarsveld is op 29 Desember by die Bush Lapa.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa