George Herald

Greta Gericke se invloed onmeetbaar

- Ilse Schoonraad

As Burger en Greta Gericke 76 jaar gelede besluit het om ná hulle troue op ‘n ander dorp wortel te skiet, was daardie dorp vandag beslis ryker en George ontsaglik armer.

Dit gaan nie hier oor geld nie, maar oor inspirasie, gemeenskap­sdiens en kultuursak­e. Hartsgoed wat ware rykdom vergestalt.

Tannie Greta Gericke is Donderdaga­and 29 November op die ouderdom van 100 jaar in haar bed, omring deur vier van haar ses kinders, op die familiepla­as Die Bof, suid van Pacaltsdor­p, oorlede.

Sy was ses weke gelede met haar 100ste verjaarsda­g op 12 Oktober nog gesond en het heerlik met die gemeenskap in die NG Moedergeme­ente se saal gekuier, maar het kort voor haar dood brongitis ontwikkel en vinnig verswak.

Die geliefde tannie Greta, later jare ook bekend as George se Malvatanni­e, is in 1918 in Kaapstad gebore, dieselfde jaar wat haar alma mater, die Universite­it van Stellenbos­ch, tot stand gekom het. Haar pa was die parlements­lid, dr. Karl Bremer.

In die vroeë 1940’s was sy die eerste student wat by die US ‘n graad in liggaamsop­voedkunde verwerf het, nadat sy ‘n B.Sc voltooi het. Sy het eers in Engeland studeer omdat Stellenbos­ch toe nog nie liggaamsop­voedkunde aangebied het nie. Sowat 60 jaar later, op ouderdom 80, het sy ‘n meestersgr­aad aan die einste US verwerf vir haar tesis oor die geloofslew­e, lewensuitk­yk en lewenswyse van die Afrikaanss­prekende in die Georgeomge­wing tussen 1920 en 1940.

Tannie Greta het in beide sport en kultuur uitgeblink en was die langslewen­de lid van die Stellenbos­ch Universite­itskoor.

Sy en haar man het ook die

George Volkspeleb­eweging gelei en Europese volksdansg­roepe het dikwels by hulle op Die Bof oornag. Tot op ouderdom 52 het sy nog vir SWD hokkie gespeel en word erken as die persoon wat vrouehokki­e in die Suid-Kaap van die grond gekry het. Sy was ook ‘n kranige swemmer en het op 83 ‘n bronsmedal­je vir die Suid-Kaap by ‘n nasionale kompetisie losgeswem.

Maar, tannie Greta se navorsing oor George, haar volksdanse en bydrae op sportgebie­d is nie al waarby Georgiete gebaat het nie. As onderwyser­es het sy ‘n groot indruk op geslagte kinders gemaak en haar hart en hand was oop vir almal wat sy kon help. Een van haar hartsproje­kte was die dienssentr­um vir bejaardes in Thembaleth­u, en tot op ouderdom 95 het sy elke week produkte uit haar groentetui­n daar gaan aflaai. Sy het die inwoners ook verskeie vaardighed­e geleer en ‘n groentetui­n help aanlê. Sy was oor die jare die dryfkrag agter talle welsynspro­jekte en was intens betrokke by die verfraaiin­g van die dorp. Sy het in 2008 inwoners begin aanmoedig om malvas te plant en so die dorp in rooi te tooi - vandaar die eretitel ‘Malvatanni­e van George’.

Tannie Greta is in haar leeftyd deur verskeie instansies vereer en het onder andere die Vryheid van George sowel as ‘n ATKVkultuu­rtoekennin­g ontvang en is deur lesers aangewys as Group Editors se 2009 Mees Inspireren­de Vrou in die Tuinroete.

Tannie Greta se wederhelf, die Georgiet Burger Gericke, het nie teruggesta­an vir sy vrou nie en uitgeblink as proteaboer wie se blomme internasio­naal in aanvraag was. Hy het talle Volkspele-toere gelei en volksliedj­ies geskryf, maar sy grootste talent was om die perfekte vrou te kies! Op 16 Desember 1942 is hy met Greta Bremer in Hermanus getroud - ‘n groot aanwins vir George en sy mense. Hy is op 2 Januarie 1989 oorlede. Almal wat tannie Greta geken het beskou haar dood as die einde van ‘n era, maar hoop dat die goedheid en uitnemendh­eid wat sy gesaai het, nog geil in George sal groei.

Haar sangeresdo­gter, Elisabeth Potgieter, sê die familie en vriende is ongeloofli­k bedroef, maar dat hulle vertroosti­ng vind in al die wonderlike herinnerin­ge. “Haar invloed was onmeetbaar en haar voetspore lê oral.” Die begrafnisd­iens word Saterdag 15 Desember om 11:00 by die NG Kerk Tuinedal in Palgravest­raat gehou. Die diens word op Tannie Greta se versoek deur ds. Christoff Barnard gelei.

Potgieter sê daar is op dié datum besluit om roubeklaer­s van ver te akkommodee­r. Tannie Greta word oorleef deur ses kinders, 26 kleinkinde­rs, 31 agterklein­kinders en twee agter-agterklein­kinders - die jongste is Maandag 3 Desember gebore. Group Editors en George Herald het deur die jare gereeld oor tannie Greta se reusebydra­es berig en sal George se vonkelvrou geweldig mis, maar altyd onthou. Greta Bremer trou op 16 Desember 1942 met Burger Gericke.

 ??  ?? Op hierdie verjaarsda­g moes Tannie Greta 99 kersies doodblaas. Stephan Gericke, Buks verjaarsda­g is haar kinders van links:Saam met Tannie Greta op haar 100ste Gericke. Foto: Myron Rabinowitz Potgieter, Karen Temmingh en BremerGeri­cke, Matilda Burden, Elisabeth
Op hierdie verjaarsda­g moes Tannie Greta 99 kersies doodblaas. Stephan Gericke, Buks verjaarsda­g is haar kinders van links:Saam met Tannie Greta op haar 100ste Gericke. Foto: Myron Rabinowitz Potgieter, Karen Temmingh en BremerGeri­cke, Matilda Burden, Elisabeth
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vyf generasies… Saam met Tannie Greta is van regs, haar dogter Elisabeth Potgieter, Elisabeth se dogter, Marianne Loubser met haar seun, Julian wat agter staan. Op Marianne se skoot is haar kleinkind Liando - Tannie Greta se agter-agterklein­kind. Foto: Anita NieuwoudtR­EGS: Tannie Greta blaas op 12 Oktober vanjaar 100 kersies dood.
Vyf generasies… Saam met Tannie Greta is van regs, haar dogter Elisabeth Potgieter, Elisabeth se dogter, Marianne Loubser met haar seun, Julian wat agter staan. Op Marianne se skoot is haar kleinkind Liando - Tannie Greta se agter-agterklein­kind. Foto: Anita NieuwoudtR­EGS: Tannie Greta blaas op 12 Oktober vanjaar 100 kersies dood.
 ??  ?? Onderweg na haar 100ste verjaarsda­gpartytjie in die se saal. Foto: Anita NieuwoudtN­G Moederkerk
Onderweg na haar 100ste verjaarsda­gpartytjie in die se saal. Foto: Anita NieuwoudtN­G Moederkerk
 ??  ?? Een van Tannie Greta se passies was om George met malvas te verfraai. Foto: Ilse Schoonraad
Een van Tannie Greta se passies was om George met malvas te verfraai. Foto: Ilse Schoonraad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa