George Herald

Vuurwarm stryd wag tussen voorste spanne in rolbalreek­s-eindstryd

- Jannie Meyer

'n Vuurwarm stryd wag vanaand (Donderdag) in die eindstryd van die Love 4 Vintage FNB Insurance Somerliga vir besigheids­panne tussen Supporters en Disasters wat tans die twee voorlopers in die reeks is.

Supporters, wat die laaste paar reekse die eerste plek beset het, het Kloppers geklop terwyl Disasters die vorige reeks se kampioene, KTV, ore aangesit en na die eerste posisie opgeskuif het.

Vorster Motors is tans in die derde plek nadat hulle Spoed op hul neuse laat kyk het. Met die twee voorste honde wat om die been baklei kan die motormanne maklik die derde hond word wat met die been wegstap indien hulle vanaand 'n goeie oorwinning oor Kloppers kan behaal.

Daar is min te kies tussen die voorste ses spanne en die uitslag gaan 'n verrassing bly totdat die punte uitgewerk is.

Met die titel op die spel is die verwagting dat die bane van die Outeniqua-rolbalklub aan die brand gespeel gaan word en alle belangstel­lendes is welkom om die skouspel gratis by te woon.

Die spelers wat in die reeks deelgeneem het, word almal met 'n biefstuket­e vergas terwyl plaaslike kunstenaar­s vir die musiek sorg.

Die klublede berei ook ligte etes vir die ondersteun­ers terwyl 'n kontantkro­eg beskikbaar is.

Die volgende reeks skop weer vroeg aanstaande jaar af en moontlik is die klub se derde baan reeds gereed om in gebruik geneem te word sodat nog 14 spanne in die reeks ingesluit kan word.

1 Disasters 54; 2 Supporters 53; 3 Vorster Motors 50; 4 Kloppers 49; 5 Bruwer Reynolds Prokureurs 49; 6 Kommaweer Stoffeerde­rs 47; 7 JB Motors 46; 8 Bowling Stones 45; 9 KTV 44; 10 Toyota Butz & Gutz 44; 11 Accidental Bowlers 43; 12 4 Musketeers 43; 13 Spoed 41; 14 Talisman 41; 15 York Auto 40; 16 Miskruiers 39; 17 Mac Dee Hops 39; 18 Just Property 39; 19 The Privates 36; 20 Seamans Renault 36; 21 Jack's Paint & Hardware 34; 22 Magic Rollers 34; 23 Mend a Bath 33; 24 Frikkie 32; 25 Diva's 32; 26 Ricoh 27; 27 Butter Bowls 25; 28 Biltong & Braai 21.

York Auto t Miskruiers; Mac Dee Hops t Just Property; The Privates t Seamans Renault; Jack's Paint t Magic Rollers;

Mend a Bath t Frikkie; Diva's t Ricoh; Butter Bowls t Biltong & Braai; Disasters t Supporters; Vorster Motors t Kloppers; Bruwer Reynolds Prokureurs t Kommaweer Stoffeerde­rs; JB Motors t Bowling Stones; KTV t Toyota Butz & Gutz; Accidental Bowlers t 4 Musketeers; Spoed t Talisman.

 ??  ?? *SENIOR PROSESBEHE­ERDER: WATER – RIVERSDAL
*SENIOR PROSESBEHE­ERDER: WATER – RIVERSDAL
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa