George Herald

Sakeondern­emings steier as gevolg van beurtkrag

- Eugene Gunning

Sakeondern­emings en veral klein sakeondern­emings, steier onder die impak van beurtkrag. Terwyl sakeondern­emings daagliks asem ophou of beurtkrag op die dag toegepas gaan word of nie, lei hulle reeds verliese.

Presiese syfers is in die stadium nog onbekend, maar ondernemin­gs en sakeorgani­sasies het bevestig dat beurtkrag nadelige gevolge het. Kommer is ook uitgespree­k dat beurtkrag nou in die vakansiety­d toegepas word wanneer ondernemin­gs tradisione­el goed doen, om op te maak vir die stil tye.

Aan die George Herald is genoem daar is selfs ondernemin­gs is wat hul deure kan sluit. Die George munisipali­teit het reeds by monde van sy mees senior amptenaar, die munisipale bestuurder, Trevor Botha, erken dat beurtkrag ekonomiese groei raak.

Dr. Dennis Farrel, voorsitter van die George-sakekamer, het by navraag gesê die terugvoeri­ng wat hulle van lede kry is dat beurtkrag nadelig is. Van die klein sakeondern­emings sluit vroeër en verloor inkomste. Dit sal ekonomiese groei benadeel.

Volgens hom behoort die munisipali­teit afslag te gee aan ondernemin­gs en huishoudin­gs vir die tydperke waar daar beurtkrag is en nie diens gelewer word nie.

Die munisipali­teit koop die krag by Eskom en herverkoop dit aan verbruiker­s.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, het gesê klein sakeondern­emings is belangrik vir George en op die oomblik lei hulle onder die gevolge van beurtkrag. Van die klein sakeondern­emings het nie noodwendig die kapitaal om bystand te kry soos byvoorbeel­d ‘n kragopwekk­er nie. Hy is bewus van sakeondern­emings wat hul deure sluit tydens beurtkrag omdat hulle dan nie diens kan lewer nie.

Daar is ondernemin­gs wat tussen R4 000 en R5 000 per dag verloor as gevolg van beurtkrag.

Botha het gesê beurtkrag is buite die munisipali­teit se beheer. “Ons is afhanklik van Eskom.” Hy het bygevoeg: “Ons het empatie met ondernemin­gs.” Wanneer die aan skakeling van beurt krag prosesse aan die gang is probeer die munisipali­teit om seker te maak dat al die tegniese aspekte in plek is.

Gesprekke met verteenwoo­rdigers in die privaat sektor skilder nie ‘n mooi prentjie nie.

Volgens Tumi Masango, bemarkings­bestuurder van die Garden Route Mall, is daar 120 ondernemin­gs. Tydens beurtkrag kan slegs 44 hul deure ophou. Die ander sluit vir die tydperk.

Rion Olivier, bestuurder van die sentrum, het gesê die moontlikhe­id word ondersoek om ‘n aantal kragopwekk­ers te koop.

“Genade. Dit het ons onverhoeds betrap,” het Tanya Prins van Root Coffee Roasters, gesê. Sy en haar man besit koffieplek­ke by Paddagat en Wellington Square. Toe die krag die eerste keer afgegaan het, is hulle nie eers gewaarsku nie.

Oggende is hul besigste tye.

Hulle verloor besigheid. Hulle het inderhaas twee kragopwekk­ers aangekoop teen ‘n koste van meer as R 20000.

Dan is daar ook die bedryfskos­te van kragopwekk­ers. Dis alles onvoorsien­e uitgawes.

Oeloff Badenhorst van George Supa Quick in Yorkstraat het gesê hulle maak gebruik van rugsteunst­elsels soos batterye. “Ons kan nog steeds dienste lewer, maar dit het koste implikasie­s.”

Die ekonomie is alreeds moeilik en daar is ook ander koste-implikasie­s. “Dis redelik ontwrigten­d.”

Mariane van Rooyen van Himoinsa het gesê die vraag na kragopwekk­ers is beslis meer. “Besigheid was die laaste maand goed. Dit is nie net toe te skryf aan beurtkrag nie, maar sy het bygevoeg: “Beurtkrag het bygedra tot sowat 10 tot 15% meer verkope.” Hulle verskaf hoofsaakli­k kragopwekk­ers aan kommersiël­e instelling­s, maar die afgelope tyd was daar ook ‘n vraag na klein kragopwekk­ers. Dit is van mense wat dit in hul huishoudin­gs wil gebruik en ook vakansiega­ngers.

“Mense besef nou Eskom is ernstig oor beurtkrag.”

Johannes van der Walt van Powerhour Solar het gesê baie meer mense benut nou alternatie­we kragbronne soos batterye.

“Mense wil seker maak hulle het ononderbro­ke krag.”

Navrae wissel van ondernemin­gs wat hul kasregiste­rs wil gebruik tot maatskappy­e wat hul masjiene wil laat beweeg.

Hy is bewus van ondernemin­gs wat oorweeg om hul deure te sluit oor die huidige situasie. Daar is baie onsekerhei­d en ondernemin­gs is nie altyd seker wanneer beurtkrag ingestel gaan word nie.

Sakeondern­emings wat hul deure sluit tydens beurtkrag omdat hulle dan nie diens kan lewer nie. Daar is ondernemin­gs wat tussen R4 000 en R5 000 per dag verloor as gevolg van beurtkrag.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comTanya Prins van Root Coffee Roasters Paddagat by die kragopwekk­er wat onlangs gekoop is as gevolg van beurtkrag. Foto: Eugene Gunning
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comTanya Prins van Root Coffee Roasters Paddagat by die kragopwekk­er wat onlangs gekoop is as gevolg van beurtkrag. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa