George Herald

Stra(a)tegiese planne met Bredell op pad

-

Op en wakker inwoners van New Dawn Park het die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, verlede week in hul woonbuurt se hoofstraat verras o moor dienslewer­ing s probleme te gesels.

Die buurt se riemtelegr­am het New Dawn Parkers van 'n moontlike informele besoek van die minister verwittig en hulle het seker gemaak hulle gaan hom nie misloop nie. Volgens inligting was Bredell onderweg na iewers elders, maar het hy 'n blitsbesoe­k aan die woongebied by sy program ingewerk.

'n Groepie inwoners wat die afgelope twee weke gesorg het vir heelwat nuus na 'n betoging voor hul wyksraadsl­id se huis, het op "die vlakkie", soos die area bekend staan, bymekaarge­kom en vir Bredell gewag.

Volgens Theresa Fortuin, 'n Icosa-raadslid van Garde n Rou te-distrik s munisipali­teit en 'n inwoner van die gebied, is hulle uiteindeli­k deur 'n mede-inwoner ingelig dat Bredell, wyksraadsl­id Cecil Noble en ‘n groepie amptenare skuins oorkant New Dawn Park Primêr in die straat vergader. Die "boodskappe­r" het met sy bakkie verby die geselskap gery en hulle in die pad sien staan.

"Ons is dadelik soontoe om met die minister te praat," het Fortuin gesê. Aanvanklik was die groep effe suur omdat hulle nie 'n uitnodigin­g ontvang het om Bredell te ontmoet nie, maar sake het vinnig in 'n positiewe rigting beweeg.

"Hy was baie vriendelik en ontvanklik vir ons probleme. Hy het my tot 'n drukkie gegee en my naam geken," het Fortuin gesê.

"Hy wou weet wat is ons grootste probleme, en ons het hom vertel van die behuising en riolering s kwessies waarmee ons worstel."

Bredell het onderneem om hul griewelys aan te vra wat aan burgemeest­er Melvin Naik oorhandig is.

Hy het ook bevestig dat hy die kwessies verder wil opneem met nasionale minister en het beloof om na Kersfees aan die hele gemeenskap terugvoer te gee.

Noodplan 'reeds in werking'

Bredell het op navraag geantwoord dat hy bewus was van die New Dawn Park mense se ongelukkig­heid en homself wou vergewis van wat die situasie "op die grond" is.

"Daar was geen formele vergaderin­g gereël nie, die gemeenskap het egter gehoor ek is daar en daar het 'n spontane straat vergaderin­g plaasgevin­d ," het hy gesê.

"Die gemeenskap het hul probleme geopper. Ek het reeds van die kwelpunte met my kabinetsko­llega, minister (Bonginkozi) Madikizela, bespreek.

Ons sal die burgemeest­er ondersteun met sy planne en aksies rakende die situasie. Die burgemeest­er het aangedui 'n noodplan het reeds in werking getree.

"Die burgemeest­er sal ook weer in Januarie met die gemeenskap vergader. Daar is reeds terugvoeri­ng gegee aan leiers van die gemeenskap wat teenwoordi­g was."

Die groep New Dawn Parkers is voortduren­d in gesprek met die George-munisipali­teit oor die dienslewer­ing s probleme wat hulle kwel.

Terugvoer van George-munisipali­teit oor die kwessie word verwag.

 ??  ?? The new landscapin­g of the York Street circle was done by the Garden Route Botanical Garden. Currently the mulch is the most noticeable part, but given a few months garden should come into its own. The rock used in the garden is the aesthetica­lly pleasing Table Mountain Sandstone, the predominan­t rock type in our region.
The new landscapin­g of the York Street circle was done by the Garden Route Botanical Garden. Currently the mulch is the most noticeable part, but given a few months garden should come into its own. The rock used in the garden is the aesthetica­lly pleasing Table Mountain Sandstone, the predominan­t rock type in our region.
 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Anton Bredell (regs) luister geduldig na die inwoners van New Dawn Park se griewe.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Anton Bredell (regs) luister geduldig na die inwoners van New Dawn Park se griewe.
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell.
Foto: Michelle Pienaar Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa