George Herald

Die belangrikh­eid van klein sakeondern­emings

- Eugene Gunning

Die bydrae wat opkomende entreprene­urs kan maak tot die groei van 'n dorp of 'n stad se ekonomie, is onder die vergrootgl­as geplaas tydens 'n opleidings­geleenthei­d van die AHi Wes-Kaap in George.

Die opleiding is deur die AHi Wes-Kaap aangebied in vennootska­p met TRIAS, 'n internasio­nale ontwikkeli­ngsorganis­asie wat bande het met die Vlaamse regering in België.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, het by navraag gesê die jongste opleiding het plaasgevin­d na aanleiding van vorige streekkurs­usse wat in onder meer De Rust, Uniondale, Thembaleth­u, George en Swellendam gehou is. Die geleenthed­e is elkeen bygewoon deur tussen 20 en 25 mense. Die topkandida­te is toe gekeur en na George genooi om aan die volgende fase van opleiding by die AHi Wes-Kaap se hoofkantoo­r deel te neem.

Altesaam 15 mense is na die jongste kursus genooi wat oor vyf dae gestrek het. Lesings is deur kundiges aangebied en deelnemers kon vrae vra. Aandag is onder meer gegee aan die volhoubaar­heid van besigheids­modelle en finansies en administra­sie in 'n sakeondern­eming.

Al die entreprene­urs kon hul onderskeie besigheids­planne aan 'n paneel van kundiges voorlê.

Dit is deur die paneel ontleed en uiteindeli­k is wenners aangewys. Die deelnemers het gewissel van 'n vis en skyfie-ondernemin­g tot 'n maatskappy wat spesiale geleenthed­e (events) aanbied en spysenieri­ng verskaf.

Die wenner van die eerste prys het R5 000 ontvang. Die wenner van die tweede plek het R3 000 ontvang en die wenner van die derde plek R2 000. Die wenners kan nou die geld gebruik om hul ondernemin­gs te bevorder.

Volgens Cilliers gaan die AHi Wes-Kaap nou fokus op die groep. Mentors word vir hulle aangestel en hul vordering sal dopgehou word. 'n Praktiese benadering word gevolg.

Soortgelyk­e geleenthed­e het reeds plaasgevin­d in Kaapstad en aan die Weskus.

Die plan is om die kursusse weer aanstaande jaar in die onderskeie streke aan te bied. Mense sal in hul streke aansoek kan doen om dit by te woon.

Cilliers het gesê die afgelope twee jaar het die AHi Wes-Kaap gehelp om sowat

2 000 nuwe werksgelee­nthede te skep. Dit is byvoorbeel­d deur opleiding vir mense wat eenman-ondernemin­gs begin het. Van die ondernemin­gs het later uitgebrei en meer mense in diens geneem.

Cilliers glo klein sakeondern­emings is die hart van 'n dorp se ekonomie en die bevorderin­g daarvan moet meer aandag kry.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? ‘n Groep entreprene­urs wat opleiding van die AHi Wes-Kaap ontvang het. Voor links staan dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap.
Foto: Eugene Gunning ‘n Groep entreprene­urs wat opleiding van die AHi Wes-Kaap ontvang het. Voor links staan dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa