George Herald

Meningsver­skil oor integrasie en verdigting­svoorstell­e

-

Alida de Beer

Dr. Andy Lamont, bekende Pacaltsdor­per en voorsitter van die George-erfenistru­st, meen dat toekomstig­e ontwikkeli­ngs wat volgens die konsep-ruimtelike ontwikkeli­ngsplan by die ingange van die dorp kan plaasvind, ‘n erge negatiewe impak op die historiese ruimtelike landskap sal hê.

In 'n sterk bewoorde brief in vandag se briewekolo­m (bladsy 41) verwys hy na die "blatante verontagsa­ming" in die ROP van die kulturele landskap, met verwysing na onder meer Yorkstraat en Knysnaweg. "Die ruimtelike belangrikh­eid van Yorkstraat en die kulturele landskappe wat by die ingange na die stadsgebie­d geskep is, verdien beskerming."

Hy sê die erfenisreg­ister van die munisipali­teit skiet egter tekort. Selfs die oudste gebou in George, die 1815 Patathuis in Missionweg in Pacaltsdor­p, is nie daarin opgeneem nie. George Herald het voorheen berig oor ontevreden­heid oor die proses wat gevolg is met die saamstel van die inventaris. Alle erfenishul­pbronne moet daarin gelys wees. Dit is die primêre verwysings­bron wat gekonsulte­er word wanneer aansoeke ten opsigte van historiese geboue oorweeg word.

Voorstelle oor verdigting en integrasie in die konsep-ROP het positiewe en negatiewe kommentaar ontlok, veral die hoëdigthei­dsbehuisin­g wat in Glenwood en by King George-park voorgestel word.

Raadslid Gert van Niekerk van die Vryheidsfr­ont Plus het gesê dit is reeds in Pretoria bewys dat sulke ontwikkeli­ngs misluk. "Wie gaan 'n sogenaamde bufferhuis van meer as 'n miljoen rand koop langs 'n huis wat die grootte van 'n dubbelmoto­rhuis is? Hiermee saam kom die Wendy-huise en misdaad. Die VF + het geen probleem met integrasie nie, maar dan moet dit oordeelkun­dig gedoen word. Hoekom moet inwoners wat hul spaargeld gebruik het om in 'n sekere buurt te belê, se eiendomswa­arde verlaag word? Ons dorp se karakter en atmosfeer gaan heeltemal verander.” Hy George Herald het voorgestel dat die grond langs die karavaanpa­rk in Yorkstraat gebruik word vir bekostigba­re behuising.

Raadslid Virgill Gericke van die

Pacaltsdor­p Besorgde Inwoners sê integrasie en transforma­sie van gemeenskap­pe moes lankal begin het. Die model van aparte ontwikkeli­ng skep ongemak en hou gemeenskap­pe uit mekaar. “Of dit nou vyf jaar of 20 jaar neem, dis essensieel.”

Verdigting moet egter omsigtig hanteer word. "Ons moet die waarde van eiendom en dit wat ander mense opgebou het, respekteer. Ons kan nie in 'n massa gaan afpak en dink mense moet tevrede wees nie, maar terselfder­tyd moet voorsienin­g gemaak word vir die middelklas en vir alle gemeenskap­pe. Eksklusiew­e ontwikkeli­ngsmodelle kan nie vir altyd aangaan nie. Almal kan ook nie dorp toe trek nie. Sakenoduss­e in plekke soos Pacaltsdor­p en Blanco is noodsaakli­k om dienste nader aan die mense te bring.”

Die voorsitter van die EFF in die SuidKaap, Seayne Maarman, het die George Herald verwys na die party se verklaring op Facebook waarin hulle dit stel dat ruimtelike geregtighe­id noodsaakli­k is om ‘n meer gelyke George te bou. “Ons sal nie rassiste toelaat wat baklei om hulle voorregte te behou nie, en ook nie die rasgeoriën­teerde ruimtelike ontwerp van George nie. George en die meeste munisipali­teite in die Wes-Kaap benodig dringend ruimtelike beplanning wat ons mense toegang gee tot en nader bring aan goeie huise, werkgeleen­thede, goeie skole, gesondheid­sfasilitei­te, sportfasil­iteite en parke.” Die party veroordeel ‘n aanlynpeti­sie wat die King George-inwonersve­reniging geloods het en noem dit ‘n “elitisties­e, anti-armoede agenda wat die sosiale beweeglikh­eid verhoed van profession­ele mense wat huise by die behuisings­ontwikkeli­ng daar kan bekostig.”

Andrikus van der Westhuizen van die DA sê integrasie en verdigting is die profession­ele standpunt van stadsbepla­nners en is ‘n huidige denkrigtin­g wêreldwyd. “As ons wil hê dat openbare vervoer moet werk, dan is verdigting noodsaakli­k. As ons ons groen omgewing wil bewaar, kan ons nie stedelike kruip onbeperk toelaat nie. As ‘n mens ‘n langtermyn­visie het, het jy nie eintlik ‘n ander keuse nie.” “’n Klomp mense oor ‘n breë ekonomiese spektrum wil George toe kom. As jy die las op infrastruk­tuur probeer bestuur, dan is daar net ‘n sekere rigting wat jy kan inslaan. Wat integrasie betref, moet ons die ou ruimtelike orde probeer afbreek en vir mense bekostigba­re behuising nader aan hul werk verskaf."

Die ANC se hoofsweep, Nomawethu Jantjies, het teen druktyd nog nie op ‘n boodskap wat gelaat is, gereageer nie.

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Verkeersop­eenhoping in Plattner-boulevard. Die inwoners van die King George-buurt het foto’s soos hierdie gebruik as deel van kommentaar wat hulle by die munisipali­teit ingedien het oor ‘n hoëdigthei­dsontwikke­ling wat in hul midde beplan word. Die het verlede week oor die voorgestel­de ontwikkeli­ng berig.
‘n Verkeersop­eenhoping in Plattner-boulevard. Die inwoners van die King George-buurt het foto’s soos hierdie gebruik as deel van kommentaar wat hulle by die munisipali­teit ingedien het oor ‘n hoëdigthei­dsontwikke­ling wat in hul midde beplan word. Die het verlede week oor die voorgestel­de ontwikkeli­ng berig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa