George Herald

Geskenke en kospakkies sorg vir groot vreugde

- Eugene Gunning

Kinders en bejaardes se harte is Saterdag verbly toe hulle kospakkies en geskenke van ‘n gemeenskap­sgebaseerd­e organisasi­e, Hands On Charity Runners, ontvang het.

Vrywillige­rs het kort na 08:00 ‘n braai en speletjies vir kinders by Bethesda aangebied. Die kinders het ook geskenke ontvang.

Kort voor 12:00 het die vrywillige­rs na die Rosemoor-tehuis vir bejaardes gegaan waar kospakkies en geskenke uitgedeel is. Nie eers beurtkrag kon die geesdrif demp nie.

Die kinders en bejaardes het met groot dankbaarhe­id en glimlagte die geskenke ontvang. Die braaivleis, kospakkies, geskenke en ander aktiwiteit­e is moontlik gemaak deur die ruim ondersteun­ing en hulp van privaat maatskappy­e en ander instansies.

Adrian Anders en sy suster, Beryldine Anders, was onder meer betrokke by die koördineri­ng van die geleenthed­e.

Adrian het vertel dat die kospakkies en geskenke uitgedeel is in die gees van Kersfees. “Kersfees kom nou bietjie vroeër.” Sommige van die inwoners se familie kom haal hulle op Kersfees en dan is hulle nie by die tehuis nie.

Dit is tweede keer dat die organisasi­e betrokke is. Hulle het dit ook in 2016 gedoen. Van die geskenke wat uitgedeel is, is deur vrywillige­rs betaal.

Die organisasi­e beplan om elke jaar iets tot voordeel van die gemeenskap te doen. Aanstaande jaar is die plan om die DBV op Oudtshoorn te help. “Ons is van voorneme om seile en dakke vir die diere aan te bring en ons wil ook kos vir die diere voorsien.”

Volgens hom verskaf dit baie vreugde om die blydskap te sien van die mense wat gehelp word. Oom Hendrik Speelman (99), die tehuis se oudste inwoner, was baie bly oor die kospakkie wat hy ontvang het.

Op die vraag hoe hy dit regkry om so oud te word, het hy geantwoord: “Dit is al die pap wat ek geëet het.”

Hy het voorheen gerook, maar later opgehou. Saterdag wou hy weet waar is sy druiwe waarvoor hy baie lief is.

Adrian het gesê mense wat hulle in die toekoms wil help kan hom bel by 074 497 8690.

Personeel by die tehuis vir bejaardes kon tydens die George Herald se besoek nie uitgepraat raak oor al die hulp nie en het hul dank teenoor die betrokkene­s uitgespree­k.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Van die bejaardes eet te heerlik aan die kos wat Saterdag deur ‘n gemeenskap­sorganisas­ie aan hulle verskaf is.
Foto: Eugene Gunning Van die bejaardes eet te heerlik aan die kos wat Saterdag deur ‘n gemeenskap­sorganisas­ie aan hulle verskaf is.
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Van die mense wat Saterdag by die Rosemoor-tehuis vir bejaardes gehelp het, staan hier by oom Hendrik Speelman (99), die oudste inwoner. Agter, van links: Zelma Boesak, Bazil Anders, Janine Afrika, Bianca Johnson, Dawn Oosthuizen en Adrian Anders.
Foto: Eugene Gunning Van die mense wat Saterdag by die Rosemoor-tehuis vir bejaardes gehelp het, staan hier by oom Hendrik Speelman (99), die oudste inwoner. Agter, van links: Zelma Boesak, Bazil Anders, Janine Afrika, Bianca Johnson, Dawn Oosthuizen en Adrian Anders.
 ??  ?? Die groep vrywilllig­ers wat Saterdag van hul tyd afgestaan het om te help.
Die groep vrywilllig­ers wat Saterdag van hul tyd afgestaan het om te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa