George Herald

Kom hou piekniek in Pacs Saterdag

-

Alle paaie in Pacaltsdor­p lei Saterdag 15 Desember na die park tussen Pacaltsdor­p Primêr en Missionstr­aat (oorkant die Ou Apostolies­e Kerk). ‘n Gemeenskap­spiekniek word deur die Pacaltsdor­p-leraarsfor­um aangebied en alle inwoners word uitgenooi om die dag te kom geniet.

Verrigting­e begin om 10:00 tot laat en sluit in gratis potjiekos, film op die grootskerm, musiek, gratis kinderpret, speletjies vir oud en jonk, dominokomp­etisie, kaskarwedr­en en Boeresport Olympics. Families, wat graag wil, is ook welkom om hul eie piekniekma­ndjies saam te bring. Moenie jou stoele of komberse, om lekker op die gras uit te span, vergeet nie.

 ??  ?? Kom hou piekniek Saterdag 15 Desember in die park. Bring jou familie en kom geniet die dag.
Kom hou piekniek Saterdag 15 Desember in die park. Bring jou familie en kom geniet die dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa