George Herald

Edugrow dié plek vir jou kind met spesiale behoeftes

-

Edugrow, ‘n fasiliteit wat omsien na kinders met spesiale behoeftes, het sy deure oopgemaak te Witfontein­weg 31, George.

Die eienaar, Trix Sieberhage­n, is ‘n jare lange inwoner van George met die nodige opleiding om met downsindro­omkinders asook kinders met outisme te werk.

Trix het 15 jaar diens by Carpe Diem skool vir leerders met spesiale behoeftes, waar sy elke kind in haar klas met individuel­e aandag en liefde onderrig het. Sy het by die skool ook ervaring opgebou om kinders met verskillen­de behoeftes, byvoorbeel­d kinders met outisme asook downsindro­omkinders, in een groep te akkommodee­r. Sy het gewoonlik tussen vyf en agt leerders met downsindro­om saam met die ander leerders in haar klas gehad en weet dus hoe om met hulle te werk en hulle te verstaan.

Trix kan u kind met liefde en sorg onderrig soos u dit graag sou wou hê. Dit is ook vir haar baie belangrik om goeie kontak met die ouers te maak en te behou sodat enige probleme wat kan opduik, opgelos kan word.

Kontak Trix Sieberhage­n by 082 339 9841 of siebarch@telkomsa.net.

 ??  ?? Lize Botha, Edugrow se eerste inskrywing, het sommer gou lief geword vir Trix.
Lize Botha, Edugrow se eerste inskrywing, het sommer gou lief geword vir Trix.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa