George Herald

Liggies en Emo sorg vir groot vermaak by

- Eugene Gunning

Kersliggie­s en Emo Adams. Dié kombinasie het Saterdagaa­nd tydens die jaarlikse Liggiefees groot vreugde vir duisende mense in die middedorp gebring. Met die druk van 'n knoppie het Melvin Naik, George-burgemeest­er, kort na 20:00 die middedorp by Eenheidspa­rk in 'n sprokieswê­reld omskep.

Reeds van vroeg Saterdagmi­ddag het inwoners en besoekers na die middedorp gestroom en tussen stalletjie­s langs Yorkstraat rondgestap. 'n Karnavalat­mosfeer het geheers en sover bekend het geen ernstige voorvalle van misdaad voorgekom nie.

In 'n stadium het twee mans wel in 'n woordewiss­eling betrokke geraak en met mekaar begin stoei. Wetstoepas­singsbeamp­tes was vinnig op die toneel en het die twee mans gekalmeer.

Tydens die geleenthei­d is ook verjaarsda­gpartytjie gehou om die vierjarige bestaan van die GO GEORGE-busdiens te vier. James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het aan die George Herald gesê daar was baie uitdagings die afgelope vier jaar. Fase 4,

5 en 6 van die busdiens wag en dit moet ingestel word.

Verskeie kunstenaar­s het tussendeur aanwesiges vermaak. Die Uniondale Rieldanser­s het al die pad van Uniondale gekom en aanwesiges se voete laat jeuk. Mense wou net saam met hulle dans.

Die Diversity Dance Crew van Ons wag vir Emo. Van die skare by die Liggiefees.

Pacaltsdor­p het die mense na hul asems laat snak met hulle moeilike danspassie­s.

Sean Snyman, burgemeest­erskomitee­lid vir gemeenskap­s- en maatskapli­ke ontwikkeli­ng, biblioteke en sport, het gesê dit is belangrik dat mense saamkom. Die feit dat dit by Eenheidspa­rk gebeur, maak dit meer relevant. En die ligiges is aan! Groot opgewondhe­id het geheers toe die liggies kort na 20:00 aangeskake­l is. LINKS: Die verkeersbe­amptes was ook by die Liggiefees teenwoordi­g om seker te maak dat alles vlot verloop.

Onder die aanwesiges was Aiden Roelfse (8). Hy kon nie wag om sy pa, Adam Roelfse van die munisipali­teit se Anti Land Invasion-eenheid (beskerming­sdienste) te sien nie. Adam het diens gedoen by die geleenthei­d en sy familie het saam kom fees vier.

Renata en Dewald Senekal het hul Jack Russell, Kiekie saamgebrin­g. "Kiekie gaan oral saam. Sy is my babatjie," het Renata vertel.

Die 6-jarige Skylah Jacobs het tot groot vermaak van haar maatjies, borrels geblaas met 'n speelding.

Hoe nader 20:00 gekom het, hoe meer opgewonde het die skare geraak.

Naik het 'n paar minute voor 20:00 aan die

 ??  ?? Die Uniondale Rieldanser­s het al die pad van Uniondale gekom om deel te neem aan die Liggiefees by Eenheidspa­rk.
Die Uniondale Rieldanser­s het al die pad van Uniondale gekom om deel te neem aan die Liggiefees by Eenheidspa­rk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Foto’s: Eugene Gunning
Foto’s: Eugene Gunning
 ??  ?? Skylah Jacobs (6) blaas borrels met ‘n speelding tot groot vermaak van haar maatjies.
Skylah Jacobs (6) blaas borrels met ‘n speelding tot groot vermaak van haar maatjies.
 ??  ?? Een van die talle stalletjie­s tydens die Liggiefees.
Een van die talle stalletjie­s tydens die Liggiefees.
 ??  ?? Emo Adams het die skare rasend gehad met sy danspasssi­es.
Emo Adams het die skare rasend gehad met sy danspasssi­es.
 ??  ?? Emo Adams (links) tree op tydens die Liggiefees. Foto: Eugene Gunning
Emo Adams (links) tree op tydens die Liggiefees. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa