George Herald

Hoëkop neem deel aan skaakkampi­oenskap

-

Die afgelope naweek het skaakspann­e van klubs dwarsoor die Wes-Kaap by Stilbaai vir die jaarlikse Wes-Kaapse klubkampio­enskap saamgetrek.

Die direkteur van sport en ontspannin­g in die Wes-Kaap, dr. Lyndal Bouah, was ook daar om sy gewig in te gooi by sy klub, Steinitz.

Bouah is 'n geesdrifti­ge skaakspele­r wat Suid-Afrika al op internasio­nale vlak verteenwoo­rdig het en wat steeds aktief by toernooie betrokke is.

George, Mosselbaai, Riversdal, Slangrivie­r en Kaapstad het elk een of meer spanne ingeskryf. Na ses uitdunrond­es wat oor twee dae gespeel is, het die Steinitz A-span met die louere weggestap.

 ??  ?? Die A-span van George het ‘n vierde plek behaal. Saam met hulle is dr. Lyndon Bouah, die direkteur van sport en ontspannin­g in die Wes-Kaap (2de van regs). Van links is Terry Quirk, Lionel Campbell, Grant Campbell, Anje Campbell, Bouah en Paul Stafford.
Die A-span van George het ‘n vierde plek behaal. Saam met hulle is dr. Lyndon Bouah, die direkteur van sport en ontspannin­g in die Wes-Kaap (2de van regs). Van links is Terry Quirk, Lionel Campbell, Grant Campbell, Anje Campbell, Bouah en Paul Stafford.
 ??  ?? Sommige van die deelnemers.
Sommige van die deelnemers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa