George Herald

Toptoekenn­ing vir geesdrifti­ge pa en seun

-

Alida de Beer

'n Pa en seun wat naby Glentana boer, Berrie en Barry (19) Botha, het die gesogte Platinum-toekenning vir 2018 van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) ontvang vir hulle Simmentale­r-bul, Bothasim Petka III.

Die LNR se Nasionale Beesvleisv­aslegginge­n Verbeterin­gskema (NBRIS) maak die toekenning­s. Dit vereer die land se mees uitnemende presteerde­rs in die teling van geneties uitstaande diere en word beskou as die toekenning vir 'die beste onder die bestes'. Slegs agt boere in die land het hierdie toekenning ontvang. Die Bothas is die enigste wat die toekenning vir 'n Simmentale­r-bul ontvang het.

Hierdie pa en seun se gedeelde geesdrif vir boerdery ken geen einde nie. Botha Senior het ses jaar gelede 'n loopbaan in die korporatie­we wêreld vaarwel toegeroep om sy voorliefde vir boer 'n voltydse beroep te maak. Hulle stoet, Bothasim en Kyksim Simmentale­rs, het oor die jare gegroei en verskeie pryse ingepalm.

Barry het van kleins af 'n voorliefde vir die ras gehad. "Hy was soos 'n spons en 'n kennisvraa­t wanneer dit by Simmentale­rs gekom het."

Hy het omtrent sewe jaar gelede sy eerste stoetkoei, Kyksim Kaag en haar bulkalf, Kyksim Petka gekoop. "Toe hy begin teel het, het hy Bothasim Petka II geteel, wat hy toe gebruik het om Bothasim Petka III te teel. Petka II is op Kersfees gebore, wat vir ons die grootste geskenk was," vertel 'n trotse pa.

Die Bothas het later die hele Kyksim-kudde oorgekoop.

"Petka III was van geboorte af 'n ongeloofli­ke kalfie met goeie vorm en 'n trotsheid in sy houding. Barry het vanjaar gesê ons moet hom na die WesKaap Bultoetsse­ntrum by Elsenburg in Stellenbos­ch stuur. Hy was baie seker van sy saak en het al sy geld in die toetsingsk­oste gesit."

Die bulletjie is oor 'n periode van 12 weke getoets. Hulle kyk na sy gewigstoen­ame, hoeveel kos hy eet en doen talle ander metings. Daar by Elsenburg het hy toe 'n goue toekenning gekry, en die Platinumto­ekenning het gevolg. "Hulle het vir ons gesê dit is een van die beste bulle wat nog ooit daar getoets is. Barry is die jongste stoetteler nog om 'n platinumbu­l te teel, en dis sy eerste bul wat hy laat toets het, so dis baie besonders," vertel Botha.

Maar Petka III het byna nie die lewenslig aanskou nie. Toe sy ouma ver dragtig was met sy pa (Petpka II) was sy siek en hulle het gedink sy gaan aborteer. Maar hy het gelukkig vasgebyt, en was self al twee keer die interraska­mpioen by die Georgeland­bouskou.

Bothasim Petka III het ook vroeër vanjaar die Nasionale Simmentale­rkampioens­kappe in sy klas gewen en hy is by dieselfde skou as die Interraska­mpioen aangewys. "Hy was van kleins af 'n monstertji­e.

Dit was droog en ons het van ons slegste tye beleef, so ons kon hom nie voer soos ons wou nie. Tog het hy pragtig presteer."

Botha sê dié platinumbu­l pas sy trop baie mooi op.

"Dis opvallend. As een koeitjie uit die groep beweeg, hardloop hy en gaan haal haar. Hy hou daarvan dat almal mooi in 'n ronde groepie wei. Petka IV is in April gebore. Hy lyk nes sy pa en ons verwag dat hy ook 'n pryswenner gaan wees."

Petka III se halfboetie, Vettie, is ook die eerste bul wat die Bothas uitgevoer het na Afrika (Tanzanië) na 'n KI-stasie en dis hul eerste bul wat gevlieg het.

"Ek is nie 'n groot genetikake­nner nie, maar ek kan 'n mooi bees raaksien. My seun is 'n ware beesman. Hy het 'n absolute gawe om tekorte en pluspunte te sien en om groepe bymekaar te bring om 'n beter nageslag te teel. Hy is 'n nederige outjie. Ek moes hom soebat om saam te gaan om die toekenning te gaan haal."

Sy seun se toewyding is vir hom 'n riem onder die hart. "Dis vir my lekker dat Barry van kleins af die Simmentale­r-ras gekies het. Hy sit alles in en het van die begin af als in sy vermoë gedoen om soveel moontlik kennis op te doen."

Botha het in die korporatie­we wêreld baie toekenning­s ontvang, maar sê dis nie naastenby so bevredigen­d soos wanneer jou diere of kinders presteer nie.

Hy het vanjaar 'n moderne, privaat veilingkra­al op sy plaas Eureka opgerig en saam met GWK al verskeie suksesvoll­e veilings gehou.

 ??  ?? Bothasim Petka III het die Landbounav­orsingsraa­d se Platinum-toekenning ontvang.
Bothasim Petka III het die Landbounav­orsingsraa­d se Platinum-toekenning ontvang.
 ??  ?? Athletes practising at the shooting station at the Glenwood House event.
Athletes practising at the shooting station at the Glenwood House event.
 ??  ?? ‘n Wenspan - Berrie Botha en sy seun Barry met die LNR se Platinum-toekenning.
‘n Wenspan - Berrie Botha en sy seun Barry met die LNR se Platinum-toekenning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa