George Herald

Oudonnies wil hul kennis deel

- Eugene Gunning

Twee oudskoolho­ofde wat saam meer as 75 jaar ervaring in die onderwys het, Tommie Smook en André Swiegelaar, glo nie aan stilsit nie. Wanneer die skole in Januarie heropen, begin hulle met 'n nuwe ambisieuse projek 'My wonderkind.'

Hulle glo elke kind kan tot 'n "wonderkind" ontwikkel. 'n Belangrike voorvereis­te is egter dat 'n kind die regte leiding en ondersteun­ing moet ontvang om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Hulle weet waarvan hulle praat. Smook was voorheen hoof van Hoërskool Outeniqua en Swiegelaar, hoof van die Laerskool Blanco. Beide het in die verlede diep spore getrap in skolesport­administra­sie. Hulle het ook beide rugby en krieket op provinsial­e vlak gespeel.

Swiegelaar het na sy aftrede die Childactiv­esportakad­emie begin. Aanvanklik het dit net krieketafr­igting verskaf, maar dit is sedertdien uitgebrei tot afrigting in tennis, hokkie, rugby en netbal. Die moontlikhe­id word ook ondersoek om ander sportkodes te betrek.

Op die oomblik is sowat 126 leerlinge betrokke. Een van die leerlinge, Jaco Janse van Rensburg het reeds presteer en die SA skolekriek­etspan gehaal.

Volgens Swiegelaar het die nuwe projek 'n aanloop van drie jaar. Hy en Smook ken mekaar al meer as 20 jaar. Dit was dus net logies dat hulle sou kragte saamsnoer. Hulle het koppe bymekaar gesit en dit het geblyk dat daar is nie net 'n behoefte aan gespesiali­seerde sportafrig­ting soos wat by die akademie verskaf word nie. Daar is ook behoefte aan bykomende akademiese hulp.

Volgens Smook is ouers deesdae baie besig. Dit gebeur dat beide ouers moet werk om die pot aan die kook te hou. Kinders kry nie altyd na-ure die nodige aandag en leiding op byvoorbeel­d akademiese gebied nie. "'n Kind is 'n kosbare bate en ons wil help.”

Swiegelaar sê vir elk ouer is sy kind 'n wonderkind. "Met ons kennis kan ons kinders help."

'My wonderkind' sal op dieselfde basis as die Childactiv­esportakad­emie funksionee­r. Klasse sal smiddae van 14:00 tot 15:30 en van 15:30 tot 17:00 by die Voortrekke­rs se klaskamers in Caledonstr­aat aangebied word.

Klasse sal nie meer as agt leerlinge hê nie en gespesiali­seerde onderwyser­s en kundiges sal onderrig verskaf.

Klasse sal na gelang van behoefte aangebied word en vooraf sal gesprekke eers met ouers gevoer word. As 'n kind byvoorbeel­d behoefte aan meer wiskunde aandag het sal dit verskaf word. Enige leerarea van gr. 1 tot 9 sal onderrig word op ouers se versoek.

Aandag sal ook gegee word aan goeie leergewoon­tes, beproefde studiemeto­des, verbeterin­g van algemene standaard van skoolwerk.

Hulle benadruk dit is nie 'n privaat skool nie. Hulle gaan ook nie skole se werk dupliseer nie. Dit kan in dieselfde lig gesien word as 'n leerling wat vir 'n skool se sportspan deelneem, maar ook gespesiali­seerde afrigting ontvang om hom/ haar te help om beter te presteer.

Vir meer besonderhe­de bel Swiegelaar by: 082 804 0119 en Smook by 084 919 4421.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld. com
Sien ‘n video by www.georgehera­ld. com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa