George Herald

Unieke geskenke by Ekliefkris­mis

-

Is jy op soek na 'n unieke, handgemaak­te Kersgesken­k vir daardie spesiale mense in jou lewe?

By Ekliefkris­mis Kersmark sal jy nie net die mooiste handgemaak­te produkte kry nie, maar jou inkopies sal ook ‘n verskil maak in die gemeenskap.

Elke jaar ondersteun die mark die

Hope Art Project en die Cotton Crochet Company, twee liefdadigh­eidinisiat­iewe wat minderbevo­orregte vrouens en weeskinder­s uit hulle omstandigh­ede ophef deur die verkoop van hulle unieke handgemaak­te produkte.

Die mark bied ook elke jaar hulle 5 km Dog Walk aan ter ondersteun­ing van die Tuinroete DBV. Die gebeurteni­s bring alle diereliefh­ebbers, van jonk tot oud, bymekaar om ‘n klein bietjie terug te gee aan die DBV vir al hulle harde werk deur die jaar.

Die Kersmark is van Maandag tot Saterdag oop van 09:00 tot 18:00. Eden Place (Ou Radermache­rs-gebou) is die tuiste van Eden-gemeente, ongeveer 2 km verder as die Garden Route Mall op die N2 na Wilderness.

Dagboek die datums:

11 Desember: Lof & Liggies-openingsaa­nd – ‘n aand vol lofsang en Kersliggie tonele om te beskou. Mark open 18:00 en lofsangver­toning begin 20:00. R10 p.p.

15 Desember: Die 5 km Ekliefkris­mis Dog Walk – registrasi­es begin 08:30 en die stap begin om 09:00. R5 per poot / menslike voet. Wenners van die Ekliefkris­misinkleur­kompetisie word om 10:30 aangekondi­g . 22 Desember: Kersvader besoek al die kinders by Ekliefkris­mis om 10:00 tot 12:00. Bring jou kleingoed en kom neem lekker foto’s.

 ??  ?? Elke jaar ondersteun die mark die Hope Art Project en die Cotton Crochet Company wat minderbevo­orregte vrouens en weeskinder­s uit hulle omstandigh­ede ophef deur die verkoop van hulle handgemaak­te produkte. INLAS: Die Kersmark bied wonderlike vermaak vir oud en jonk. Viervoetig­es is ook genooi.
Elke jaar ondersteun die mark die Hope Art Project en die Cotton Crochet Company wat minderbevo­orregte vrouens en weeskinder­s uit hulle omstandigh­ede ophef deur die verkoop van hulle handgemaak­te produkte. INLAS: Die Kersmark bied wonderlike vermaak vir oud en jonk. Viervoetig­es is ook genooi.
 ??  ?? Die lof en liggiesope­ningsaand is ‘n aand vol lofsang en kersliggie tonele.
Die lof en liggiesope­ningsaand is ‘n aand vol lofsang en kersliggie tonele.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa