George Herald

George, George, George

-

Die besoekers stroom in. Die meeste is afkomstig uit Gauteng, meestal besondere kundig en ingelig. Hulle kom vanaf ons kleinste provinsie, slegs 1,5% van die landsopper­vlakte. Maar hierdie hoofmetrop­ool lewer jaarliks ‘n massiewe eenderde van die land se ekonomiese opbrengs. Dit huisves 14,7 miljoen mense - die reusagtigs­te verstedeli­king in Suid-Afrika, met ‘n digtheid van 680 mense per vierkante km.

Ons eie Kaap-metro is die land se tweede grootste produksie-kern met 14% van die land se opbrengs. Twee-derdes van die Wes-Kaapse provinsie se 6,6 miljoen mense woon binne die Kaapse stadswerm. Dis erge ruimtelike onewewigti­gheid met twee uit elke drie inwoners daar gevestig. En die werksoeker­s stroom steeds in - Kaapstad is gesog tot diep in Afrika. Dis nie sonder rede die “most entreprene­urial city” van die land nie. Dit huisves die vasteland se meeste en suksesvoll­e IT-ondernemin­gs wat stewig voortgroei met 8,5% per jaar. Dis ‘n gewilde toerisme-fokus en lok 1,5 miljoen internasio­nale toeriste jaarliks – wat ‘n sterk 9,8% tot die metro se ekonomie bydra. Die verkeersne­twerk word as hoogstaand­e geloof . . . Kan jy glo; ons bly maar stil van die aaklige opeenhopin­gs, selfs deesdae buite spitstyd.

Maar ekonomies-ruimtelik wag daar enorme slaggate. Om die fokus van ‘n stad, vasgedruk tussen ‘n bergkettin­g en die oseaan te bly indruk, vra vir moeilikhei­d. Aan die ander kant - die sterk uitwaartse groei van die metropool sluk die eens selfstandi­ge dorpe in – binne een massief-vervlegde stadsistee­m. Van al die omringende, voorheen pasaangewe­nde dorpe is dit net die Paarl en Worcester wat tans selfstandi­g oorbly. Vredenburg-Saldanha het teruggesak.

Binne bogenoemde feite- en statistiek­opstelling as agtergrond tot George, is dit belangrik om te verreken dat dit die provinsie se enigste nie-aanliggend­e (non-contiguous) groot groei-nodus tot die Kaapse metroreus is. Die Suid-Kaapse hoofsentru­m se inwonertal is 212 120 in 2018. Die maatskapli­ke onderbou is goed en word verteenwoo­rdigend gestaaf deur die 51 skole, die NMU-kampus by Saasveld en die SuidKaap Kollege te noem. George huisves 40% van die distriksmu­nisipalite­it se ekonomie en voorsien 36% van die werksgelee­nthede. Dit binne ‘n distrik met 574 265 inwoners - ‘n digtheid van 24,6 persone/km.

Binne George se sterk gediversif­iseerde plaaslike ekonomie word die volgende leiersekto­re beklemtoon -

Eiendomswe­se, finansies, sakedienst­e (besigheid), versekerin­g (26,4%)

Akkommodas­ie, groot- en kleinhande­l, spysenieri­ng (18,5%)

Vervaardig­ing (14,7)

Kommunikas­ie, opberging, vervoer (11,9). Hierdie vier se meer as 70%-bydrae dek ‘n jaar-waarde van meer as R10 biljoen. Daarmee saam moet die sektore van regering/administra­sie 8,9% (ook ‘n vername streekfunk­sie), konstruksi­e 6,0% en landbou 3,7%, as belangrik in ag geneem word.

Saam met ‘n groep van sowat tien plus sterk groeiende “groot-dorpe” (soos Mbombela, Polokwane en Richardsba­ai) wag daar ‘n belowende toekoms op George as werk- en woonplek. Dit sal egter fyn bestuur moet word. Volgens die vakkundig-urbanologi­ese rangorde en terminolog­ie van stedelike plekke is George slegs ‘n groot-dorp.

Dis nog ver weg van stad- en/of metropools­tatus, terme wat sommige plaaslike leiers en enkele munisipale amptenare so graag rondgooi. Die leser moet al die bostaande feite en statistiek in ag neem. Dan is hier ‘n objektiewe boodskap vervat oor ons almal se geliefde plek.

Ons Wêreld verskyn elke tweede week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa