George Herald

Huis JJ Watson sê dankie

-

Huis Watson se bestuur:

Die uurglas is besig om vinnig leeg te loop en graag wil die bestuur van Huis Watson vir u van harte bedank vir u besondere hulp aan die tehuis gedurende hierdie jaar.

Ons kan met groot dankbaarhe­id terugkyk op ‘n mooi en geseënde jaar. Elke vrywillige werker, donateur en vriend van die tehuis het omtrent daagliks gehelp om waarde toe te voeg tot die lewe van die inwoners van die tehuis.

Mag u elkeen toegevou word met Sy besondere krag, genade en liefde gedurende die Kersseisoe­n en mag die meetsnoere in die nuwe jaar vir u elkeen in mooi plekke val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa