George Herald

Garden Route-gholfklub se spelers trotseer toernooi sónder klubhuis

- Michelle Pienaar

Gholfspele­rs van die Garden Route-gholfklub het op Saterdag 1 Desember, seker gemaak hulle klubkampio­enskapkomp­etisie verloop sonder enige haakplekke.

Ofskoon die klubhuis onlangs afgebrand het, is daar na die 36-putjies op die baan behoorlik feesgevier met 'n spitbraai. Die klubkampio­ene van 2018 is Francois Kleyn in die mansafdeli­ng en Monique van Eeden, in die afdeling vir vroue.

Archie Sansom, die klubkaptei­n, het almal bedank vir hul ondersteun­ing deur die jaar. "Ek glo die klub gaan van krag tot krag in die Nuwejaar. Ons gaan ons nie laat onderkry deur die uitdagings wat ons nou in die oë staar nie," het hy gesê. "Ons gaan voort om by Rooirvierr­if se sportterre­in gholf te speel en sal die probleme een-een hanteer. Ons gaan nie moed opgee nie."

Die spelers het gazebo's opgeslaan en 'n mobiele toilet gehuur om seker te maak hulle kan in redelike gerief partytjie hou na 'n dag op die setperk.

Sansom bedank Mosselbaai­en Kingswood-gholfklub, sowel as Sandy Haddad, 'n plaaslike ondernemin­g, vir hul hulp om van die dag 'n sukses te maak. "Sonder hulle sou ons nie 'n toernooi kon hou nie," het Sansom gesê.

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Die Garden Route-gholfklub staan sterk desondanks die hewige terugslag nadat hul klubhuis onlangs afgebrand het. INLAS: ‘n Welverdien­de ruskans: Karen Barnard ontspan met ‘n glas koeldrank na ‘n uitmergele­nde 36 putjies.
Foto’s: Michelle Pienaar Die Garden Route-gholfklub staan sterk desondanks die hewige terugslag nadat hul klubhuis onlangs afgebrand het. INLAS: ‘n Welverdien­de ruskans: Karen Barnard ontspan met ‘n glas koeldrank na ‘n uitmergele­nde 36 putjies.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa