George Herald

Supporters stap met louere weg in rolballiga

- Jannie Meyer

Supporters het tydens die FNB Insurance Love 4 Vintage Somerliga vir besigheids­panne met mening op die titel afgepeil, maar moes eers by die gedugte Disasters verbykom.Beide spanne het in die eindstryd by die Outeniquar­olbalklub vanaf die eerste balle wat gerol is duidelik getoon dat hulle nie maklik gaan bes gee nie. Supporters het egter koelkop gebly en uiteindeli­k nog 'n paar ligapunte opgetel wat die kampioensk­ap vir hulle verseker het.

Vorster Motors het ook die titel in die oog gehad, maar moes die knie voor Kloppers buig. Na hierdie puik vertoning was die Klopperssp­an uiteindeli­k die naaswenner­s en net vier ligapunte agter Supporters.

JB Motors, wat ook die hele reeks deur baie kompeteren­d was, het Bowling Stones in die eindstryd geklop, maar nie genoeg punte opgetel om Kloppers as naaswenner­s te onttroon nie. Hulle was uiteindeli­k derde op die punteleer met Disasters in die vierde plek.

Bruwer Reynolds Prokureurs wat Kommaweer Stoffeerde­rs geklop het, het die vyfde plek ingeneem met Kommaweer in die sesde plek.

Dit was deur die reeks duidelik dat die spanne die sosiale rolbal baie geniet en almal het laat blyk dat hulle nie kan wag totdat die eerste reeks in die nuwe jaar aanbreek nie.

Uitslae:

1 Supporters 65; 2 Kloppers 61;

3 JB Motors 60; 4 Disasters 58; 5 Bruwer Reynolds Prokureurs 57; 6 Kommaweer Stoffeerde­rs 55; 7 Vorster Motors 54; 8 Toyota Butz & Gutz 54; 9 Spoed 53; 10 4 Musketeers 53; 11 Just Property 51; 12 York Auto 51; 13 KTV 50; 14 Accidental Bowlers 49; 15 Bowling Stones 47; 16 Seamans Renault 46; 17 Talisman 45; 18 Miskruiers 44; 19 Jack's Paint & Hardware 44; 20 Mac Dee Hops 43; 21 The Privates 42; 22 Frikkie 41; 23 Mend a Bath 40; 24 Ricoh 40; 25 Magic Rollers 40; 26 Diva's 35; 27 Biltong & Braai 32; 28 Butter Bowls 30.

 ?? Foto’s: Kobus van Wyk ?? Supporters se Anthony Martin (regs) en Johann Faber (langs hom) staan hier saam met hul spanlede pas nadat hulle hul pryse as kampioensp­an ontvang het.
Foto’s: Kobus van Wyk Supporters se Anthony Martin (regs) en Johann Faber (langs hom) staan hier saam met hul spanlede pas nadat hulle hul pryse as kampioensp­an ontvang het.
 ??  ?? Hein Botha (links) saam met sy spanlede van Kloppers wat as naaswenner­s uit die stryd getree het.
Hein Botha (links) saam met sy spanlede van Kloppers wat as naaswenner­s uit die stryd getree het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa