George Herald

Puik rolbal by viere-toernooi

-

Eden se vroue en mans ope viere is Saterdag by George-rolbalklub gespeel. Van die vier spanne wat die vroueafdel­ing se halfeindro­ndes gehaal het, is drie van die gasheerklu­b. Die Vista-rolbalklub se vrouepspan van Rina Steenkamp, Minette Robertson, Alida van der Wath en Rensche Pieterse het die goue medalje in die eindstryd verower.

George se Wendy Murray, Crystal Barlow, Hester Liebenberg en Joey Booysen het die silwermeda­lje gebuit en nog 'n George-span bestaande uit Jenny Sinclair, Marthie Pringle, Betsie Volker en Petro Breedt het 'n bronsmedal­je vir hul derde plek ontvang.

In die mansafdeli­ng het George- en Outeniqua-rolbalklub­s elk twee spanne in die halfeindro­ndes gehad. Hier het die span van George met Prof Stadler, Henk Barnard, Mike McCarthy en Morné Pienaar goud ingepalm. Die Outeniquas­pan van Terrence Wilson was tweede en het die silwermeda­lje gewen terwyl die span van Attie Nortje van Outeniqua brons met die derde plek verower het.

 ??  ?? George-rolbalklub se vrouespan het in die ope viere toernooi die tweede plek en ‘n silwermeda­lje losgerol. Van links: Wendy Murray, Crystal Barlow, Hester Liebenberg en Joey Booysen.
George-rolbalklub se vrouespan het in die ope viere toernooi die tweede plek en ‘n silwermeda­lje losgerol. Van links: Wendy Murray, Crystal Barlow, Hester Liebenberg en Joey Booysen.
 ??  ?? George-rolbalklub se mansspan wat verlede Saterdag die ope viere-toernooi gewen het. Van links: Henk Barnard, Prof Sadler, Mike McCarthy en Morné Pienaar.
George-rolbalklub se mansspan wat verlede Saterdag die ope viere-toernooi gewen het. Van links: Henk Barnard, Prof Sadler, Mike McCarthy en Morné Pienaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa