George Herald

Knysna-atlete oorheers driekampby­eenkoms

-

Eden-driekamp het by die Fairy Knowehotel in Wilderness sy tweede van hierdie seisoen se reeks oefenbyeen­komste vir senior atlete (12 jaar en ouer) aangebied.

In die senior mans-afdeling was dit Marsel Roos van Knysna en die Kwaggaleer­der Christian Hattingh wat mekaar die stryd aangesê het.

Roos het uiteindeli­k die fietsrybee­n oorheers en die wenstreep eerste oorgesteek met Hattingh in die tweede plek. Hattingh se pa, Iniël, het derde geëindig en Ruan Venter vierde.

In die senior vroue-afdeling het nog 'n Knysna-atleet, Jessica Devine, wat eintlik nog 'n junior is, almal beïndruk met haar oorwinning.

Dit was haar eerste driekampby­eenkoms en hierdie talentvoll­e jong dogter sal in die toekoms met groot afwagting dopgehou word.

Die volledige uitslae was as volg:

Super sprint (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):

Mans: 1. Hanno Maritz jr 2. Jan-Hendrik van Rooyen 3. Sebastian Swart.

Vroue: 1. Linél Engelbrech­t 2. Vicky Roos 3. Mary-Jean Pieterse. Sprint:

(750 mswem, 20 km-fietsry, 5 kmhardloop): Mans: 1. Marsel Roos 2. Christian Hattingh (1ste junior) 3. Iniël Hattingh.

Vroue: 1. Jessica Devine (1ste junior) 2. Annemarie Cronjé 3. Madré van Zyl.

Die volgende byeenkoms vir seniors sal op die 12 Januarie 2019 plaasvind. Almal is welkom, beginners ook.

Diegene wat nog nie 'n duikpak of padfietse het nie is welkom om met gewone swemklere en bergfietse deel te neem.

Spanne is ook welkom om in te skryf en op 'n aflosbasis deel te neem.

Belangstel­lendes kan vir Corné Hattingh van Eden-driekamp bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriath­lon@ gmail.com.

Hou ook gerus Eden Triathlon se Facebook-blad dop vir driekampge­beure.

 ?? Foto’s: Deidre Cloete ?? Vicky Roos INLAS: Christian Hattingh trap sy tweede plek los by die Eden-driekamp se tweede oefenbyeen­koms wat by die Fairy Knowe-hotel in Wilderness aangebied is.
Foto’s: Deidre Cloete Vicky Roos INLAS: Christian Hattingh trap sy tweede plek los by die Eden-driekamp se tweede oefenbyeen­koms wat by die Fairy Knowe-hotel in Wilderness aangebied is.
 ??  ?? Die manswenner­s in die Super sprint-kategorie, wat ‘n400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop ingesluit het, is van links: Hanno Maritz (wenner), Jan-Hendrik van Rooyen (tweede) en Sebastian Swart (derde).
Die manswenner­s in die Super sprint-kategorie, wat ‘n400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop ingesluit het, is van links: Hanno Maritz (wenner), Jan-Hendrik van Rooyen (tweede) en Sebastian Swart (derde).
 ??  ?? In die senior mans-afdeling het Marsel Roos (regs) van Knysna koning gekraai. Die ander topposisie­s is ingeneem deur, van links: Ruan Venter (vierde), Christian Hattingh, (tweede) en Iniël Hattingh (derde).
In die senior mans-afdeling het Marsel Roos (regs) van Knysna koning gekraai. Die ander topposisie­s is ingeneem deur, van links: Ruan Venter (vierde), Christian Hattingh, (tweede) en Iniël Hattingh (derde).
 ??  ?? Die vrouewenne­rs in die Super sprint, wat ‘n 750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop behels het, is van links: Jessica Devine (wenner), Annemarie Cronjé (tweede) en Madré van Zyl (derde).
Die vrouewenne­rs in die Super sprint, wat ‘n 750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop behels het, is van links: Jessica Devine (wenner), Annemarie Cronjé (tweede) en Madré van Zyl (derde).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa