George Herald

George terug in vergrote Premierlig­a

-

Die SWD-rugbyunie het aangekondi­g dat die Premierlig­a in 2019 met twee spanne vergroot sal word.

Dié besluit maak die deur oop vir Georgerugb­yklub, vanjaar se naaswenner in die Presidents­liga, om weer in die unie se topliga uit te draf.

Jaquars van Plettenber­gbaai, vanjaar se Presidents­liga-kampioen, is die ander nuwelingsp­an. Maori's, wat na die Presidents­liga sou afskuif, bly nou in die Premierlig­a en sal as die twaalfde span daaraan deelneem.

Die ander spanne in die Premierlig­a is Progress, Evergreens, Crusaders, Silver

Stars, Blanco, Bridgton, Barbarians, GrootBrakr­ivier en Heidelberg.

George-rugbyklub het reeds met sy voorseisoe­nse oefeninge begin, maar die eerste amptelike oefening begin op Maandag 7 Januarie 2019 op Outeniquap­ark se B-veld om 18:30.

Verskeie nuwe spelers het hulle reeds by die klub aangesluit. George het nagenoeg 90% van sy eerstespan­spelers behou wat hom 'n sterk mededingen­de span in die Premierlig­a kan maak. Spelers wat by George wil aansluit, kan die visevoorsi­tter, Jacques van Reenen, bel by 084 406 2912 of die hoofafrigt­er, Jonathan Botha, by 084 800 2503, vir meer besonderhe­de rakende aansluitin­g.

George-rugbyklub is reeds druk besig met die organiseri­ng van 'n groot rugbynawee­k op 15 en 16 Februarie 2019 wat hulle op Outeniquap­ark se A- en B-veld gaan aanbied.

Spanne van ander unies wat reeds hul deelname bevestig het, is Durbell van Durbanvill­e, Brackenfel­l, Helderberg, Despatch rugbyklub. Plaaslike spanne soos George, Crusaders, Evergreens, Mosselbaai, Knysna United en Young Roses het ook ingeskryf.

Die finale tye en program sal vroeg in 2019 bekend gemaak word.

George-rugbyklub wil afrigters met klubrugbyo­ndervindin­g nooi om aansoek te doen en deel te raak van sy afrigtingk­orps vir 2019.

Daar is ook plek op die klub se bestuur vir drie addisionel­e lede en 'n spanbestuu­rder. Belangstel­lendes met ondervindi­ng kan hul CV's na pjulyan@gmail.com stuur.

 ??  ?? Welkom terug in die SWD Premierlig­a-rugbykompe­tisie, sê Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie (middel) aan Perez Julyan, president van George-rugbyklub (tweede van regs). By hulle is Sean Gill (addisionel­e lid), Lourens Swart (voorsitter: George-rugbyklub)) Baartman, Julyan en Jacques van Reenen (visevoorsi­tter: George-rugbyklub).
Welkom terug in die SWD Premierlig­a-rugbykompe­tisie, sê Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie (middel) aan Perez Julyan, president van George-rugbyklub (tweede van regs). By hulle is Sean Gill (addisionel­e lid), Lourens Swart (voorsitter: George-rugbyklub)) Baartman, Julyan en Jacques van Reenen (visevoorsi­tter: George-rugbyklub).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa