George Herald

Dronk bestuurder tref polisiewa van voor

- Kristy Kolberg

Lede van die openbare orde polisie (Pops) het omstreeks 02:30 op Sondagogge­nd, 16 Desember, ‘n noue ontkoming op die N2 tussen Groot-Brakrivier en Glentana gehad toe ‘n motoris wat onder die invloed van alkohol was, van voor in hulle vasgery het.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die verdagte, wat uit die rigting van Mosselbaai gekom het, in die aankomende baan beland en met die Popsvoertu­ig, wat op pad na Mosselbaai was, gebots.

Die drie Pops-lede is na die Mediclinic George vervoer waar hulle vir ligte beserings behandel is.

Die bestuurder van die motor het veelvuldig­e beserings opgedoen en is na die Georgehosp­itaal geneem.

Hy staar ‘n aanklag van roekelose en/of nalatige bestuur, asook ‘n aanklag van dronkbestu­ur, in die gesig.

 ??  ?? Die bestuurder van ‘n wit Toyota Yaris is Sondagogge­nd omstreeks 02:30 in hegtenis geneem na hy ‘n motorongel­uk op die N2 veroorsaak het.
Die bestuurder van ‘n wit Toyota Yaris is Sondagogge­nd omstreeks 02:30 in hegtenis geneem na hy ‘n motorongel­uk op die N2 veroorsaak het.
 ??  ?? Die polisievoe­rtuig wat in die ongeluk betrokke was. Drie lede van die Openbare orde polisieeen­heid (Pops) is na die hospitaal geneem. Hulle het slegs ligte beserings opgedoen.
Die polisievoe­rtuig wat in die ongeluk betrokke was. Drie lede van die Openbare orde polisieeen­heid (Pops) is na die hospitaal geneem. Hulle het slegs ligte beserings opgedoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa