George Herald

Leerder bederf ná sy matriekafs­keid mis

-

Rolandi Strydom en haar kêrel, Schoeman Vorster, elegant uitgevat en gereed om per trok te vertrek.

Alida de Beer

Rolandi Strydom van Hoërskool Outeniqua het uitgesien na haar matriekafs­keid saam met haar kêrel, Schoeman Vorster. Haar elegante swart rok het klaargemaa­k in die kas gehang en sy kon nie wag vir hierdie hoogtepunt van haar skoolloopb­aan nie.

Toe trek 'n ernstige niersiekte haar skielik plat en sy beland vir twee weke in die hospitaal voor die afskeid. Terwyl haar maats terugskoui­ng gehou het oor die groot aand, was sy die dag ná die afskeid op pad na die Groote Schuur-hospitaal. Matriekafs­keid was 'n ervaring waarvan sy nooit enige herinnerin­ge sou hê nie. Maar verlede week het Rolandi 'n verrassing gekry toe Solidarite­it Helpende Hand haar uit die bloute laat "ontvoer" het vir 'n mooimaakse­ssie voordat sy haar rok moes aantrek om foto's saam met Schoeman te laat neem.

"Ek is eers na die haarkapper geneem en daarna vir 'n grimeerses­sie. Toe is ek huis toe om te gaan aantrek," vertel Rolandi.

Sy was weereens verras toe 'n blinkgevry­fde, groot rooi trok voor die huis stilhou. "Schoeman is 'n trokdrywer en my pa is baie lief vir trokke. Op dié manier het ek 'n liefde vir trokke ontwikkel. Ek het altyd gesê ek wil in 'n trok na my matriekafs­keid toe gaan."

Hulle is na Chaverin Stables, die plaas waar haar perd loop, waar foto's geneem is. Die dag is afgesluit met 'n heerlike ete saam met Rolandi se ouers by La Capannina.

Marieta Verwey van Helpende Hand, wie se idee dit was om Rolandi so te bederf, sê sy het Thea Abraham, die onderwyser wat Rolandi tydens die skryf van haar eindeksame­n bygestaan het, by 'n onlangse musiekkons­ert ontmoet. Dié het haar van Rolandi se teleurstel­ling en siekte vertel. Verwey het daar en dan besluit om vir Rolandi 'n spesiale aand te reël.

Rolandi se mooi kapsel is gedoen deur Mara Gericke van Salon Mareese. Die skoonheids­afdeling by E Coetzee-apteek het haar grimering behartig en deur Thea Abraham se intrede is die trok goedgunsti­glik deur Auto Phoenix verskaf.

Al het Rolandi nie 'n ware matriekafs­keid self beleef nie, het hierdie geleenthei­d voorwaar opgemaak daarvoor en gesorg dat sy wel spesiale herinnerin­ge het wat sy in haar hart kan bewaar.

Rolandi se siekte is weens die verstoppin­g van 'n nierkamer veroorsaak. Behandelin­g wat sy ontvang het, het groot verbeterin­g gebring, maar sy is nog nie heeltemal gesond nie. Daar word steeds toetse op haar gedoen.

Die dapper leerder het haar eerste vraestel geskryf met dreinering­spypies in haar lyf en moes haar hele eksamen in isolasie aflê.

Rolandi sê sy kon baie min leer omdat sy geweldig moeg geword het. Sy het dit aanvanklik oorweeg om haar matriek eerder volgende jaar klaar te maak, maar met die bystand van Abraham het sy deurgedruk. Nou wag sy in spanning op die uitslae, want sy wil volgende jaar begin met haar studies vir 'n mediese forensiese ondersoeke­r.

Ek is eers na die haarkapper geneem en daarna vir ‘n grimeerses­sie. Toe is ek huis toe om te gaan aantrek.

 ??  ??
 ?? Foto: Alida de Beer ?? Mara Gericke van Salon Mareese het gesorg vir ‘n elegante kapsel vir Rolandi se lang hare.
Foto: Alida de Beer Mara Gericke van Salon Mareese het gesorg vir ‘n elegante kapsel vir Rolandi se lang hare.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa