George Herald

SWD-krieket gelas ondersoek na voorvalle tydens wedstryde

- Eugene Gunning

SWD-krieket beskou twee beweerde voorvalle wat die spel in die streek die afgelope tyd geruk het, in ‘n baie ernstige lig en hoop om vroeg in die nuwe jaar ‘n verslag daaroor bekend te maak.

Albertus Kennedy, hoof- uitvoerend­e beampte van SWD-krieket, het verlede week in ‘n verklaring verwys na die voorvalle. Volgens hom was daar ‘n “ongelukkig­e” en “ongevraagd­e” voorval vroeër die maand in ‘n wedstryd in die Premierlig­a tussen Mosselbaai en Union Stars. Die wedstryd het by die Van Riebeeck-stadion in Mosselbaai plaasgevin­d. Hy het onderneem dat die voorval ondersoek sal word en stappe geneem sal word in terme van die gedragskod­e. Na bewering wou Union Stars, met hulle telling op 28/8, nie voortgaan met die wedstryd nie.

Daar is betroubaar verneem dat van die spelers van Union Star glo ongelukkig was oor van die skeidsregt­ers se beslissing­s. Die span het ‘n teiken van 100 lopies gejaag wat deur Mosselbaai aangeteken is.

Speler glo aangerand op veld

‘n Ondersoek sal ook gedoen word na ‘n voorval wat reeds in November plaasgevin­d het, waar ‘n krieketspe­ler na bewering aangerand is. Dit was ook in ‘n Premierlig­awedstryd, tussen Pacaltsdor­p United en George. Luidens die verklaring het Rudy Claassen, president van SWD-krieket, gesê die verslag oor die voorvalle sal na die sosiale en etiese komitee verwys word. “SWD-krieket sal nie toelaat dat die gees waarin krieket gespeel word, benadeel word nie.”

Kennedy het aan George Herald gesê SWD-krieket se kantore is reeds gesluit, maar beide voorvalle word as dringend beskou. “Die beweerde voorvalle is onaanvaarb­aar. Dit wat na bewering gebeur het, veroorsaak ‘n swak beeld van krieket. Ons beskou dit in ‘n baie ernstige lig. In die stadium kan ek die aangeleent­heid nie vooruit loop nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa