George Herald

Mev. Afrika reik uit na meisies in George

-

Alida de Beer

Die onlangs gekroonde Mrs Africa Classic 2019 en Mrs Classic Globe 2019, Laurette Marais van Meyersdal, is gedurende Desember in die Tuinroete waar sy 'n liefdadigh­eidsprojek wil bevorder wat sy tydens haar titeljaar onder haar vlerk neem.

Marais het reeds begin om geld in te samel saam met haar suster van George, Yolinda Thomas, sodat hulle deur middel van die organisasi­e, Dignity Dreams, soveel moontlik wasbare - en dus herbruikba­re - sanitêre doekies gratis aan behoeftige skoolmeisi­es beskikbaar kan maak. Tien meisies van Sports Academy George (SAG) het Dinsdag elk 'n donasie van Marais in persoon ontvang.

Omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie, bly baie meisies elke maand vir tot 'n week van die skool af weg. "Ek wil 'n bydrae lewer om dit te verander, want dit het 'n geweldige negatiewe impak op meisies se skooloplei­ding, waar die basis vir hulle toekoms gelê word. Ek glo die kroon moenie net op jou kop wees nie, maar ook in jou hart. My fokus en passie in die lewe is om te onderrig, 'n verskil te maak en vroue en jong meisies te bemagtig waar ek ook al gaan," sê Marais.

Caroline Struwig van SAG sê die statistiek­e van meisies wat elke maand gemiddeld 'n week op die skoolbanke verloor, is hoog. "SAG begin volgende jaar 'n skool en ons moet vir die meisies sanitêre doekies verskaf, so vir ons is die skenking 'n welkome besparing."

Die akademie werk met kinders van Thembaleth­u en Pacaltsdor­p en gebruik sport om jong leiers te ontwikkel wat dan na hul eie gemeenskap teruggaan en 'n positiewe verskil kan maak.

Gesellige kuiers vir 'n goeie doel

Marais gaan in Desember verskeie gesellige geleenthed­e in Mosselbaai bywoon om geld in te samel. Op 20 Desember is daar 'n koffie-viering saam met kriekethel­d Jean de Villiers by Fearless Cafe te Marshstraa­t 49. Dit begin om 10:00.

Op 23 Desember is daar by dieselfde venue van 10:00 tot 12:00 'n jenewerpro­e met die wenner van die gesogte Michaelang­elotoekenn­ing, Posboom jenewer, op die spyskaart, en op 31 Desember om 08:00 is daar 'n vonkelwyno­ntbyt. Marais is ook een van die beoordelaa­rs by die Mej. Diasstrand 2018-kompetisie by Diasstrand op 28 Desember.

Mense wat enige van die bogenoemde geleenthed­e wil bywoon, kan Loretta de Moor bel by 082 928 0262.

Die sanitêre doekies kom in 'n Dignity Dreams-pakkie met ses doekies, twee broekies en instruksie­s. Met goeie sorg hou dit ongeveer vier jaar. Dit dra die SABSstempe­l. 'n Donasie van R250 betaal vir een pakkie. Mense wat bydraes wil maak, kan Laurette Marais bel by 083 387 0026, of Yolinda Thomas by 082 401 9697.

Meer inligting is op Dignity Dreams se Facebookbl­ad beskikbaar.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Mrs Africa Classic 2019, Laurette Marais (links agter) saam met meisies van Sports Academy George wat Dignity Dreams-pakkies ontvang het. Sittend is Khanyisa Tata (links) en Sine Booysen. Agter langs Laurette is van links Caroline Struwig, ‘n fasiliteer­der van Sports Academy, Somila Jacobs, Yolinda Thomas (Marais se suster wat met die geldinsame­ling help) en Jaydene Otto.
Foto: Alida de Beer Mrs Africa Classic 2019, Laurette Marais (links agter) saam met meisies van Sports Academy George wat Dignity Dreams-pakkies ontvang het. Sittend is Khanyisa Tata (links) en Sine Booysen. Agter langs Laurette is van links Caroline Struwig, ‘n fasiliteer­der van Sports Academy, Somila Jacobs, Yolinda Thomas (Marais se suster wat met die geldinsame­ling help) en Jaydene Otto.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa