George Herald

Betree die wêreld van drome

-

Op Vrydagaand 21 Desember word 'n droomkonse­rt in die skilderagt­ige omgewing van die Sewepassep­ad tussen Hoekwil en Karatara aangebied. Die gewilde restaurant Bistro Celeiro gaan die agtergrond wees waarteen die groep Brass Strings die strelende klank van kitaar en saksofoon laat opklink.

Droom

Die konsert is 'n bewys dat droom nie net vir kinders is nie. Die kitaarspel­er

Gaston Lehmann het op 54 sy tuisdorp, Bloemfonte­in, en sy veilige werk as loodgieter en ketelmaker vir die lewe van 'n profession­ele musikant in George geruil.

Sy passie vir musiek het op agtjarige ouderdom begin toe hy die eerste keer 'n kitaar vasgehou het. Hy't homself op gehoor leer speel en in 2015 is hy vir 'n Ghoema genomineer vir sy eerste CD, Kitaar is my Taal. Die pa van twee het deur die jare bly droom en in 2015 sy droom verwesenli­k.

Jaco Kriek, optometris wat meer as 20 jaar al in Oudtshoorn praktiseer, sing al vir jare in kore. "As ek kon, sou ek 'n koorafrigt­er wees vir 'n Engelse katedraalk­oor," is sy versugting. Maar toe hy enkele jare gelede 'n seun hoor saksofoon speel, het daar vir hom 'n lig opgegaan. Hy't 'n saksofoon gekoop en begin oefen - meesal met die hulp van YouTube videos - en sy eie kenmerkend­e styl ontwikkel.

Kriek en Lehman het dadelik gekliek toe hulle mekaar 'n jaar gelede by die Outeniqua-mark ontmoet. Sedertdien bekoor Brass Strings gehore dwarsoor die Suid-Kaap met hulle kenmerkend­e klank.

En waar pas Bistro Celeiro by die "droom"tema in? Eienaar Julio Agrella het ook durf droom. As ouer mense het hy en en Susan 'n stuk grond gekoop en 'n restaurant ver van alles begin. Vandag is dit een van die gunsteling wegkom-kuierplekk­e in die omgewing.

"Ons wil graag almal uitnooi, hulle wat droom, hulle wat hulle drome verwesenli­k, en hulle wat te bang is: kom kyk en luister wat kan gebeur as jy besluit om jou drome na te streef," sê Agrella.

Besonderhe­de

Die toegangsge­ld van R110 gaan ten volle na die kunstenaar­s. Die Bistro sal kos verkoop, maar bring jou eie wyn en stoele en kom geniet die klanke van Brass Strings in 'n pragtige landelike omgewing. Bel 044 850 1026 vir bespreking­s.

 ??  ?? Gaston Lehmann (kitaar) en Jaco Kriek (saksofoon) is Brass Strings. Foto: Natania Luff
Gaston Lehmann (kitaar) en Jaco Kriek (saksofoon) is Brass Strings. Foto: Natania Luff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa