George Herald

Pacs-aandwedloo­p op 27 Desember

-

With the December holidays in full swing, holidaymak­ers, visitors and locals will flock to the popular beaches to enjoy the sea and soak up the sun. And, of course, do some serious surfing. Arguably, one of the best surfing beaches in South Africa is Vic Bay. visited Vic Bay recently when the top surfers from five coastal institutio­ns took each other on at the University Sport South Africa (USSA) surfing championsh­ips.

Die jaarlikse Elroy Gelant Pacaltsdor­paandwedlo­op word op Donderdag 27 Desember deur die Rainbow-atletiekkl­ub aangebied.

Daar is twee roetes, oor 4 km en 8 km, waaruit atlete kan kies. Albei begin en eindig by die verkeersde­partement in Missionstr­aat in Pacaltsdor­p. Atlete moet verkieslik wit T-hemde dra.

Die registrasi­e kan vanaf 14:00 tot 17:55 by die verkeersde­partement gedoen word en die wedlope begin om 18:00.

Die eerste 500 atlete ontvang medaljes en die eerste 50 deelnemers wat die 8 km voltooi sal gratis T-hemde kry.

Dit kos R30 om aan die 4 km-wedloop deel te neem en R50 vir die 8 km-wedloop.

George se twee Olimpiese atlete, die middelafst­andatleet Elroy Gelant en die stapper Anél Oosthuizen, gaan saam met die Blitsbok Dewald Human 'n motivering­spraatjie lewer tussen 15:00 en 17:00. Hulle sal deur die bekende sportadmin­istrateur Abrie de Swardt bygestaan word. Alle atlete en hul afrigters is welkom om die praatjie gratis by te woon.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa