George Herald

Vrou hardloop kwajong in oor skiet van klappers

- Eugene Gunning

Soos ‘n wafferse naelloopat­leet het ‘n vrou in haar 40’s ‘n tienerseun ingehardlo­op wat saam met sy maats klappers na ‘n perd gegooi het.

Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het die voorval aan die George Herald bevestig. Dit het verlede Vrydag by die George Riding Club in Glenwoodwe­g plaasgevin­d. Na die voorval het dit gegons op sosiale media en ontstoke inwoners het optrede geëis.

Die vrou was die dag saam met haar dogter by die klub waar sy perdry.

In een stadium het ‘n groep seuns tussen die ouderdomme van 10 en 18 jaar opgedaag. Hulle het die terrein van die klub binnegegaa­n. “Ek het hulle dopgehou en nog vir iemand gesê hier kom moeilikhei­d. Ek wou by hulle weet wat hulle wil hê. Hulle het aan my gesê hulle wil perdry. Ek het aan hulle verduideli­k dis nie moontlik daar nie en waar hulle wel kan gaan perdry.”

Die groep het toe geloop, maar na ‘n rukkie teruggekom. In daardie stadium het ‘n meisie (14) op ‘n perd gesit. Die seuns het klappers na die perd gegooi. Die perd het geskrik en verwilderd geraak. Gelukkig is die dogter ‘n goeie ruiter en sy kon daarin slaag om die perd tot ‘n mate te beheer. In die proses is die perd beseer en ‘n veearts het weer Dinsdag 8 Januarie die perd ondersoek. Die meisie is nie beseer nie.

Volgens die vrou het sy dadelik die perd en meisie te hulp gesnel. Die seuns het weggehardl­oop en sy het een van hulle agterna gesit. In die hardloop het sy die polisie op haar selfoon ontbied. Van die ander mense het ook gehelp en onder meer die buurtwag gebel.

Sy het na sowat 400 m een van die seuns ingehardlo­op en hom vasgekeer. Die seun is later aan die polisie oorhandig. Van sy maats is toe ook intussen aangekeer.

Sy en die ander betrokkene­s is baie ongelukkig. “Die gras kon ook aan die brand geslaan het. Ons wil nie hê die kinders moet tronk toe gaan nie. Ons wil net hê hulle moet gemeenskap­sdiens doen by die DBV. Dis nie ‘n grap nie. Hulle moet leer hoekom hulle nie so-iets moet doen nie.”

Salomé Bruyns van die DBV het by navraag gesê die instansie het kennis geneem van die voorval op Facebook.

“Die klaer(s) is meer as welkom om die DBV oor die voorval te kontak. Dan kan die saak verder ondersoek word om te besluit of die kinders aangekla gaan word al dan nie.”

Sy het na sowat 400 m een van die seuns ingehardlo­op en hom vasgekeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa