George Herald

FB plaas Naik-tugsaak weer in kollig

- Eugene Gunning en Michelle Pienaar

'n Inskrywing op sosiale media oor die DA se tugaksie teen Melvin Naik, George se burgemeest­er en DA-lid, het opnuut die kollig geplaas op die uitkoms van interne verhore wat verlede jaar plaasgevin­d het. Hierdie verhore is in Oktober afgehandel, maar die uitkoms daarvan is nog nie bekend gemaak nie.

Naik het na bewering ander DA-lede tydens 'n geheime vergaderin­g probeer oortuig om 'n ander party te ondersteun. Die burgemeest­er het ook in warm water beland na sy homofobies­e uitlatings op die vooraand van 'n besoek van die Boston Male Chorus.

Volgens inligting is DA-raadslid Mercia Draghoende­r ook verhoor, maar die uitkoms van die tugverhoor is onbekend.

Brendon Adams, die administra­teur van die Facebook-blad, Lokasies Staan Saam, het vandeeswee­k op sy blad aangevoer dat George se burgemeest­er 'n opgeskorte vonnis van vyf jaar by die DA gekry het. Adams kon nie op die selfoon bereik word nie en het teen druktyd nie op 'n boodskap gereageer nie.

Volgens inligting wat die George Herald bekom het, het die DA se federale regskommis­sie reeds in Oktober 2018 vir Naik met 'n drie jaar opgeskorte vonnis getug op die voorwaarde dat hy in die tydperk nie aan 'n soortgelyk­e oortreding skuldig bevind word nie.

Hy is na verneem word ook R5 000 beboet en hy moet 'n onvoorwaar­delike verskoning aan die Boston Male Chorus aanbied, sowel as aan die LGBT-gemeenskap (Lesbian

Gay Bisexual and Transgende­r), wat in 'n koerant gepublisee­r moet word.

Naik is ook opdrag gegee om kursusse in sensitiwit­eitsopleid­ing en mediaverho­udinge by te woon. Betroubare bronne het aan die George

Herald gesê dat Naik se lidmaatska­p wel geëis was. Dit was egter sy byna onmiddelik­e openbare verskoning oor sy haatspraak en 'n feitefout met 'n datum wat verband hou met 'n 'geheime vergaderin­g' met uitgesoekt­e koukuslede wat tot 'n ligter vonnis gelei het.

Die George Herald het na die afloop van die verhore verskeie navrae aan James

Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerend­e komitee gerig.

Die laaste twee navrae, waarvan die laaste een twee weke gelede was, was onbeantwoo­rd.

Woensdag is Selfe weer gekontak, maar hy het nie teen druktyd gereageer nie. DA-lede van die George-stadsraad het navrae na Selfe verwys.

Anton Bredell, minister van plaaslike regering, het in sy hoedanighe­id as DAvoorsitt­er van die Wes-Kaap, gesê sover sy kennis strek is Naik nie as burgemeest­er geskors nie. Hy het bygevoeg: "Ek wag nou vir die afhandelin­g van die Valke se ondersoek."

Naik was nie teen druktyd vir kommentaar beskikbaar nie.

A post on social media on the DA's disciplina­ry action against Melvin Naik, George's mayor and DA member, again highlighte­d questions regarding the internal hearings that took place last year. These hearings were finalised in October but the outcome was not made public.

Brendon Adams, the administra­tor of the Facebook page Lokasies Staan Saam, stated that George's mayor received a suspended sentence from the DA. According to informatio­n the George Herald received, the DA's federal legal commission slapped Naik with a three year suspended sentence.

 ??  ??
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? George se burgemeest­er, Melvin Naik, het ‘n opgeskorte vonnis van drie jaar van die DAparty ontvang.
Foto: Michelle Pienaar George se burgemeest­er, Melvin Naik, het ‘n opgeskorte vonnis van drie jaar van die DAparty ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa